Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 2/1 bl. 21
  • Eerlikheid strek Jehovah tot eer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eerlikheid strek Jehovah tot eer
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees eerlik in alle dinge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wees eerlik in alles
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe om eerlik te bly in ’n oneerlike wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat beteken dit om eerlik te wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 2/1 bl. 21

Koninkryksverkondigers berig

Eerlikheid strek Jehovah tot eer

JEHOVAH vereis dat sy knegte eerlik, regverdig en betroubaar moet wees. Moses is byvoorbeeld aangesê om “bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat”, as opsieners te kies (Exodus 18:21). Net soos daardie uitverkore manne is dit bekend dat Jehovah se Getuies oor die hele wêreld betroubaar is, soos die volgende ondervinding toon.

◻ ’n Getuie wat by die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Ghana werk, het per ongeluk $3 630 [R8 250] van ’n bankkassier ontvang. Nòg die kassier nòg die broer het die fout dadelik opgemerk. Toe die broer by die huis kom, het hy egter gesien dat hy te veel geld ontvang het en is hy dadelik terug bank toe met die geld. Toe die kassier die broer sien, het hy uitgeroep: “Hier is hy! Hy het waarlik teruggekom! David, julle man het die geld teruggebring!” Die geld is aan die kassier teruggegee. David, een van Jehovah se Getuies wat by dieselfde bank werk, het die kassier en ander wat van die fout geweet het, verseker dat die geld teruggebring sou word sodra die broer die fout agtergekom het.

“Gedurende hierdie drama”, sê die berig, was almal se aandag op die twee broers gevestig. Die een wat die geld teruggebring het, het verduidelik: “Wel, ek kon nie hierdie geld met ’n goeie gewete voor my God, Jehovah, gehou het nie.” Hierdie voorval het die respek wat die bankamptenare reeds vir die Wagtoringgenootskap het, vergroot.

Eerlikheid baar eerbied, veral in ’n wêreld wat so oneerlik is. Hierdie broer het geweet dat hy rekenskap moet gee aan iemand wat hoër as die mens is, Jehovah God. Sulke eerlikheid strek Jehovah tot eer, daar hy “’n God van trou en sonder onreg” is.—Deuteronomium 32:4.

◻ Eerlikheid en die behoud van ’n goeie gewete voor God is ook opmerklik in ’n ondervinding van ’n jong man in Thailand. Hy het ingeteken op Die Wagtoring en Ontwaak! en het begin om die Bybelraad wat hy in hierdie tydskrifte gevind het, toe te pas. Hy was die hoofrekenmeester van die maatskappy waar hy gewerk het, en sy gewete het hom begin kwel, aangesien dit die gebruik van baie ondernemings is om twee stelle boeke te hou om belasting te ontduik. Toe hy die bestuurder oor hierdie saak genader het, het die bestuurder net daaroor gelag. Toe het daar nog ’n artikel wat die nodigheid vir eerlikheid beklemtoon het in een van die tydskrifte verskyn. Met ’n gewete wat hom kwel, het die rekenmeester tot Jehovah gebid om hulp om hierdie belastingsaak met sy bestuurder in orde te bring. Daar was ’n groot bedrag by die saak betrokke. Die volgende dag het hy die bestuurder toestemming gevra om die verskuldigde belasting te betaal, en tot sy verbasing het die bestuurder sonder enige verdere argument daartoe ingestem.

Hierdie man is nou gelukkig omdat hy ’n eerlike lewe voor God en die mens lei. So ’n verstandige weg maak Jehovah ook bly, want Spreuke 27:11 sê: “Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.”

[Prent op bladsy 21]

‘Ek kon nie hierdie geld met ’n goeie gewete gehou het nie’

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel