Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 11/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • TV-evangelisme​—God se manier?
  • Ongelowige leiers
  • Waar daar geen vrede is nie
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
  • Beheers televisie voordat dit jou beheers
    Ontwaak!—1991
  • Maniere om beheer daaroor te kry
    Ontwaak!—2006
  • Verstandige gebruik van die televisie
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 11/15 bl. 21

Insig in die nuus

TV-evangelisme​—God se manier?

As Jesus Christus vandag op aarde was, het TV-evangelis Jim Bakker beweer, “sal hy op TV moet wees”. Waarom televisie? Omdat dit, volgens Bakker, “die enigste manier sou wees waarop hy die mense kon bereik wat hy liefhet”. Soos Bakker meen al hoe meer fundamentalistiese predikers in die Verenigde State dat televisie die beste medium vir die verkondiging van die Woord van God is. ’n Studie wat in 1984 gedoen is, toon egter dat TV-evangeliste merendeels “mense opbou wat reeds tot evangeliese godsdiens verbind is”.

Interessant genoeg het een leser in ’n brief aan die redakteur van die tydskrif Ministry geskryf: “Jy het gesê dat [televisiestelle] die kerk se kragtigste instrumente is om die saad van die evangelie te saai, en tog sê God dat die belangrikste werk huis-tot-huisbesoeke​—die soek na siele—​is. . . . Ons Verlosser het graag van die menigte weggekom, en dan het Hy van huis tot huis gegaan​—om siele te soek. ’n Gehoor wat uit een siel bestaan, was sy vreugde. . . . Kan ons nie dieselfde doen nie?”

Volgens Jesus Christus is die doel van die Christelike bediening nie net om ‘die Woord te verkondig’ nie, maar om ‘dissipels te maak’ (Mattheüs 28:19). Hy het sy volgelinge aangesê om na mense se huise te gaan (Mattheüs 10:7, 11-13). Die apostel Paulus het hierdie predikingsmetode aangeneem en oor sy bediening gesê: “Julle weet . . . hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise.” Die huis-tot-huisbediening van die dissipels het goeie vrugte afgewerp.​—Handelinge 5:42; 20:18-20.

Waarom verkies baie evangeliste TV as hulle medium, as Jesus soveel klem gelê het op sy predikingsmetode met die doel om dissipels te maak? The Courier-Mail van Brisbane, Australië, merk op dat TV-evangeliste “tot [R180-miljoen] per jaar verdien deur redding te verkoop. Hulle verskyn in ’n gloed van elektriese krag en glorie op 300 TV-stasies, en hulle word soos pophelde aanbid. . . . Wat ook al hulle taktiek, hierdie manne wat beweer dat hulle selfs God kan manipuleer, bied op die ou end ’n eenvoudige transaksie aan. Stuur vir hulle [R15] en hulle sal jou hemel toe stuur.”

Ongelowige leiers

Jesus Christus het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe” (Johannes 11:25). Maar “baie van die Katolieke teoloë aan universiteite en kweekskole kan hulleself nie sover kry om te sê dat hulle aan die opstanding glo, of ten minste letterlik daaraan glo nie”, berig die nuustydskrif Insight.

Hoe kan sulke leraars die geloof versterk van Rooms-Katolieke wat opreg Bybelleerstellings wil aanvaar? Dit is onmoontlik, want die apostel Paulus het geskryf: “As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof.”​—1 Korinthiërs 15:13, 14.

Waar daar geen vrede is nie

Op 24 Oktober 1985 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Volke 1986 tot Internasionale Vredesjaar uitgeroep. Die resolusie het verklaar dat die jaar daaraan gewy sal word om “die pogings van die Verenigde Volke en sy Lidstate toe te spits op die bevordering en bereiking van die vredesideale deur alle moontlike middele”. Hoe het hulle gehoop om dit reg te kry? Deur die “voortgesette en daadwerklike optrede van State en volke met die oog op die voorkoming van oorlog”.

Wat vind ons, noudat ons die einde van die “Vredesjaar” nader? Sulke edele bedoelings is dramaties oorskadu deur die militêre botsings wat steeds wêreldwyd woed. “Guerrilla-insurgensie, gebiedstwiste, ideologiese en rasseverskille en ‘heilige’ oorloë is die oorsaak van minstens 19 groot konflikte, en talle kleineres”, merk The West Australian op. Die koerantartikel het daarop gewys dat bykans eenmiljoen soldate tans wêreldwyd by wapenstryde betrokke is. Vir die miljoene wat slagoffers van sulke oorloë word, is daar beslis geen vrede nie.

Kan menseleiers hoop dat toekomstige oproepe om vrede ’n ware oplossing sal bied? Nee, want Jeremia 10:23 sê: “Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” (Vergelyk Jeremia 6:14.) Ware vrede sal inderdaad slegs van God kom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel