Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 8/15 bl. 19
  • Die Christene se vlug na Pella

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Christene se vlug na Pella
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Geloof in Bybelprofesieë red lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Soek na die stad wat permanent sal wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • B10 Israel in die tyd van Jesus
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 8/15 bl. 19

Die Christene se vlug na Pella

IN 33 G.J. het Jesus Christus sy volgelinge gewaarsku om ‘na die berge te vlug’ wanneer hulle “Jerusalem deur leërs omsingeld sien” (Lukas 21:20-24). Maar waarheen het hulle eintlik gevlug? Franse oriëntalis en geskiedkundige Joseph Ernest Renan antwoord: “Die plek wat deur die hoofde van die [Christen]gemeenskap gekies is om as die hoofskuilplek vir die vlugtelingkerk te dien, was Pella, een van die dorpe van Dekapolis, geleë naby die linkeroewer van die Jordaan in ’n uitstekende posisie, met aan die een kant ’n uitsig oor die hele vlakte van Gor en aan die ander kant steil kranse, aan die voet waarvan daar ’n stroom loop. Hulle kon geen verstandiger keuse gedoen het nie. Judea, Idumea, Perea en Galilea was in opstand; Samaria en die kus was in ’n baie ontwrigte toestand . . . Skithopolis en Pella was dus die naaste neutrale stede aan Jerusalem. Pella moes, danksy sy posisie oorkant die Jordaan, baie meer kalmte as Skithopolis gebied het, wat een van die Romeinse vestings geword het. Pella was ’n vry stad soos die ander dorpe van Dekapolis . . . Om daar skuiling te soek, was om openlik afsku uit te spreek van die [Joodse] opstand . . . Dit was in hierdie anti-Joodse dorp dat die Kerk van Jerusalem beskerming gevind het gedurende die gruwels van die beleëring.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel