Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 6/15 bl. 32
  • ‘Dit is waarvoor ek gesoek het’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dit is waarvoor ek gesoek het’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 6/15 bl. 32

‘Dit is waarvoor ek gesoek het’

Iets kleins kan mense se lewens verander. Dit word toegelig deur ’n jong Argentynse meisie wat die volgende brief aan die Wagtoringgenootskap se wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, geskryf het:

“Liewe Redakteur,

Laat my asseblief spoedig weet hoe ek Die Wagtoring wat julle publiseer, kan ontvang. My buurvrou het my ’n eksemplaar van die tydskrif geleen en wat ek daarin gelees het, is iets waarna ek al lank soek. Hoe het dit my tog gehelp! Dit het my groot vertroosting gebring. U sien, ek is 15 jaar oud en is stoksielalleen in die wêreld. Ek het niemand wat hulle oor my bekommer nie, en julle tydskrif het my met hoop gevul. Die buurvrou het gevra dat ek die tydskrif teruggee, aangesien dit een van die dinge is wat haar moeder, wat onlangs gesterf het, vir haar nagelaat het.”

Die jong meisie het haar brief afgesluit deur te verduidelik dat sy baie arm is, maar alles in haar vermoë sou doen om vir die tydskrif te betaal. Haar brief is na Argentinië gestuur, en ’n verteenwoordiger van die Wagtoringgenootskap het die meisie kort daarna besoek. Sy het op Die Wagtoring sowel as Ontwaak! ingeteken. Haar Bybelkennis het vinnig toegeneem en sy is gedoop. Nou neem sy saam met duisende van haar Argentynse broers en susters aan die Christelike bediening deel.

Jy kan ook Die Wagtoring en sy medetydskrif Ontwaak! by jou huis ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.

Stuur asseblief Die Wagtoring en Ontwaak! ’n jaar lank aan my. Ek sluit R13 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel