Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 3/1 bl. 3
  • Laat jy die waarheid deur jou vingers glip?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat jy die waarheid deur jou vingers glip?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie was Pontius Pilatus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 3/1 bl. 3

Laat jy die waarheid deur jou vingers glip?

NADAT hulle ’n noodlanding in die Amasone-oerwoud oorleef het, sal die meeste passasiers waarskynlik nie veel aandag aan die terrein skenk nie. Maar dit was nie die geval met een kalm en immer oplettende man nie! Hy was ’n geoloog, en hy het opgemerk hoe vreemd kaal die kol was waarop die helikopter geland het. Hy het die geleentheid nie deur sy vingers laat glip nie, maar die kaal kol van naderby beskou. Hy het gou besef dat wat vir ander na net nog ’n stuk grond sou lyk, eintlik een van die belowendste, mineraalryke ertsafsettings in die wêreld was​—’n massiewe skatkamer van ystererts, bauxiet, mangaan, koper en goud wat eendag begroet sou word as die “nuwe Eldorado”.

Dit is die buitengewone persoon wat geleenthede benut, eerder as om dit deur sy vingers te laat glip. Beskou byvoorbeeld die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus wat in die eerste eeu van ons Gewone Jaartelling geleef het. Hy het ’n unieke geleentheid gekry. Die Joodse leiers het die grootste onderrigter van die waarheid wat ooit op aarde geleef het, Jesus Christus, aan hom uitgelewer. Dink aan die vrae wat Pilatus kon gestel het! Dink aan die heilsame waarhede wat hy kon geleer het! En dit is interessant dat toe hulle Jesus aanvanklik voor hom gebring het op die aanklag dat hy homself voordoen as “die Koning van die Jode”, Pilatus skynbaar ten minste nuuskierig was:

“Is U die Koning van die Jode?” het Pilatus gevra.

Jesus het geantwoord: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie . . . Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.” Hier was Pilatus se gulde geleentheid. Voor hom het ’n man gestaan wie se lewe ’n lewende bewys was van die juistheid van God se beloftes, ’n man wat gewillig en bevoeg was om hom in te lig soos geen ander man kon nie. Maar wat was Pilatus se antwoord? “Wat is waarheid?” En skielik “gaan hy weer uit na die Jode”.​—Johannes 18: 33-38.

Ja, Pilatus het die waarheid deur sy vingers laat glip. En baie begaan vandag dieselfde fout. Die einste tydskrif wat jy nou lees, Die Wagtoring, word uitgegee om mense in te lig omtrent die waarheid. Maar baie weier om dit eens te lees. Ander lees en geniet die artikels, maar voer sake nie verder nie. Is dit moontlik dat sulke persone net soos Pilatus die waarheid deur hulle vingers laat glip?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel