Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 11/15 bl. 32
  • Haar man het haar verbaas

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haar man het haar verbaas
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 11/15 bl. 32

Haar man het haar verbaas

Toe ’n telefoniste in Texas vir haar werkmaats die boek My boek met Bybelverhale aangebied en vir hulle die pragtige prente en die waardevolle inligting gewys het, het hulle altesaam 50 boeke aanvaar. Sy verduidelik wat gebeur het nadat een vrou gesê het dat sy graag ’n eksemplaar wil hê.

“Ek is jammer dat ek jou gevra het om daardie boek te bring”, het die vrou gesê.

“Waarom?” het ek gevra.

“Ek het nie geweet dat jy een van Jehovah se Getuies is nie”, het sy geantwoord, “en my man haat julle.”

“O, ek is jammer hy voel so”, het ek geantwoord. Maar toe ek sien dat die boek haar werklik beïndruk het, het ek gesê: “Neem dit asseblief huis toe en wys dit vir hom, en as hy dit dan nie wil hê nie, kan jy dit vir my terugbring.”

“Goed”, het sy gesê.

“Die volgende aand het sy vir my gesê: ‘JoAnn, ek is so gelukkig. Ek het die boek huis toe geneem en dit op die kombuiskas gesit. Ek het kruideniersware gaan koop en toe ek terugkom, het my man vir die kinders uit die boek gesit en lees. Hy het my gevra waar ek die boek gekry het en ek het vir hom gesê van Jehovah se Getuies. Hy het gesê: “Jy weet, dis werklik ’n goeie boek. Kyk na al hierdie prente, en onderaan die bladsy wys dit waar die inligting in die Bybel gevind kan word.”’”

Ons is seker dat jy ook hierdie pragtig geïllustreerde boek met groot druk sal geniet. Die 116 Bybelverhale daarin gee die leser ’n idee waaroor die Bybel handel. Hierdie verhale verskyn basies in die volgorde waarin die gebeure plaasgevind het. Jy sal dit werklik nuttig vind om te leer wanneer dinge, in verhouding tot ander gebeure, in die geskiedenis plaasgevind het. Ontvang hierdie waardevolle boek met 256 bladsye deur die koepon in te vul en te pos.

Stuur asseblief die hardebandboek My boek met Bybelverhale posvry aan my. Ek sluit R3,50 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel