Hoe hierdie huwelik gered is
“Die toepassing van die raad in die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou het my huwelik gered”, skryf ’n waarderende leseres in Suid-Afrika. “Hoofstuk vyf, ‘’n Vrou wat innig bemin word’, het my oë oopgemaak. Ek het nooit in my stoutse drome kon dink dat ek onwetend so baie probleme kon veroorsaak nie. Baie, baie dankie. My huwelik was in uiters stormagtige dele van die see, en nou, na baie maande, is dit terug in die stil hawe van geluk.”
As jy hulp soek om jou huwelik gelukkiger te maak, kan jy by hierdie boek baat vind. Ontvang ’n eksemplaar deur die koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief die hardebandboek met 192 bladsye Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou aan my. Ek sluit R1,40 in.