Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 6/15 bl. 19
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hospitale soek Getuies
  • Leer kinders om goed te doen
  • Geen “waarheid” nie?
  • Die toenemende gewildheid van bloedlose geneeskunde en chirurgie
    Ontwaak!—2000
  • ’n Dokter se roeping
    Ontwaak!—1992
  • Dokters kyk weer na bloedlose chirurgie
    Ontwaak!—1998
  • Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 6/15 bl. 19

Insig in die nuus

Hospitale soek Getuies

Die pers berig dat ’n paar Kaliforniese hospitale nou probeer om Jehovah se Getuies as pasiënte te kry. Sommige hospitale was voorheen huiwerig om die Getuies te opereer omdat hulle bloedoortappings op godsdienstige gronde weier. Waarom die verandering van gesindheid? Aangesien die mediese bedryf in ’n finansiële verknorsing is, soek bestuursamptenare na addisionele inkomstebronne. Maar nog ’n rede word aangegee. “Onlangse mediese deurbrake wat bloedlose Chirurgie​—die term vir operasies waartydens geen bloed of bloeddele oorgetap word nie—​minder gevaarlik maak, het die betrokke hospitale en dokters ook meer gewillig gemaak om Jehovah se Getuies te opereer”, berig die Daily News van Van Nuys, Kalifornië. “Die meeste operasies kan sonder ’n bloedoortapping uitgevoer word as jy baie versigtig en geduldig is met die pasiënt”, erken dr. Sheldon N. Lipschutz, ’n chirurg.

Ofskoon Jehovah se Getuies bloedlose plaasvervangers, soos soutoplossings, aanvaar, is hulle nie bereid om ‘hulle geloof en goeie gewete weg te stoot’ ter wille van ’n mediese gebruik wat onskriftuurlik is nie (1 Timotheüs 1:19; Handelinge 15:20). Hulle het gevind dat dit ook uit ’n mediese standpunt voordelig is om God se wette te gehoorsaam. “Vyftien of 20 jaar gelede wou ek nie (Getuies) in my hospitaal hê nie”, het een bestuursamptenaar teenoor die Daily News erken. “Vandag is daar te veel gevalle van VIGS en hepatitis wat deur bloedoortappings versprei word om nie die wenslikheid van roetine-bloedoortappings te bevraagteken nie. Die standpunt van Jehovah se Getuies het al hoe meer sin.”

Leer kinders om goed te doen

Waarom het sommige in Nazi-Duitsland hulle lewens gewaag om mense wat deur vervolging of die dood bedreig was te red of te help, terwyl ander wat kon gehelp het anderpad gekyk het? Dr. Samuel Oliner, ’n sosioloog aan die Humboldt-Staatsuniversiteit in Arcata, Kalifornië, tesame met sy kollegas, soek na die antwoord op hierdie vraag. Volgens The New York Times dui hulle bevindings reeds “op die vormende ondervindinge wat mense in hulle kinderdae het, wat hulle skynbaar baie jare later meer geneig maak as ander om lydendes te hulp te kom”.

Ervin Staub, ’n sielkundige aan die Universiteit van Massachusetts, stem hiermee saam. “Die ouers wat altruïsme die suksesvolste oordra”, sê dr. Staub, “oefen streng beheer oor hulle kinders uit. Ofskoon hulle vertroetelend is, is hulle nie permissief nie. Hulle gebruik ’n kombinasie van strengheid, innigheid en redeneervermoë. Hulle wys hulle kinders op die gevolge van ander se wangedrag​—en goeie gedrag. En hulle moedig die kind daadwerklik aan om goed te doen, mededeelsaam en hulpvaardig te wees.”

Dit is dus geen wonder nie dat ouers beveel word om hulle kinders “in die tug en vermaning van die Here” op te voed, aangesien ‘hy wat goed doen uit God is’.​—Efesiërs 6:4; 3 Johannes 11.

Geen “waarheid” nie?

“Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”, het Jesus in Johannes 8:32 gesê. Maar dit raak deesdae al hoe gewilder om te dink dat kennis van die waarheid ’n onbereikbare doelwit is. Let op die kommentaar van biskop John S. Spong, soos aangehaal in The Sunday Star-Ledger van Newark, New Jersey: “Ons moet . . . wegbeweeg van die idee dat ons die waarheid het en ander ons standpunt moet aanvaar en tot die besef kom dat die volle waarheid buite die bereik van ons almal is.” Hy het bygevoeg: “Elke godsdienstradisie . . . draai om ’n spil wat geeneen van ons geheel en al ons eie kan maak nie.” Die biskop, wat ’n byeenkoms van sowat 600 Episkopaalse geestelikes en leke toegespreek het, het “die tradisionele, imperialistiese bewerings van die Christendom” bevraagteken.

Maar waarom het Jesus daarop aangedring dat God “in gees en waarheid” aanbid moet word as “die volle waarheid” nie te vinde is nie? Of waarom het hy gesê dat sy volgelinge “in die hele waarheid” gelei sou word? (Johannes 4:23, 24; 16:13). En waarom sou die apostel Paulus sê dat dit God se wil is dat mense “tot kennis van die waarheid kom”? (1 Timotheüs 2:3, 4). Of waarom het hy gesê dat sommige in hulle leer “van die waarheid afgedwaal het”? (2 Timotheüs 2:18; 4:3, 4). Soos die geval was met die vroeë Christengemeente kan ons beslis verwag om vandag ’n groep aanbidders aan te tref wat die waarheid het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel