Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 4/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Volg hulle geloof na
  • Veroordeel jy die wêreld deur jou geloof?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Waarom God aan Noag guns betoon het—Waarom dit vir ons van belang moet wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Noag se geloof veroordeel die wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 4/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy gevind dat die onlangse nommers van Die Wagtoring praktiese waarde het? Toets gerus jou geheue met die volgende:

◻ Wat is Armageddon?

Armageddon is die wêreldwye situasie waar alle aardse nasies teen God se Seun, Christus Jesus, en sy engeleleër te staan sal kom in „die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” (Openbaring 16:13, 14, 16).​—1/1, bladsy 6.

◻ Wie beklee vandag die sleutelposisie in Jehovah se aardse organisasie?

Die Koninkryksverkondiger beklee die sleutelposisie omdat die verkondiger ’n ywerige bedienaar in die veld moet wees om Jehovah se naam hoog te hou.​—1/1, bladsy 14.

◻ Waarom is instansies soos die VV magteloos om oorloë te verhoed?

Die nasies rondom die aarde is verbind tot hulle nasionale soewereiniteit en regte en hulle steur hulle dus weinig aan internasionale soewereiniteit of gedragsreëls. Hulle herhaalde mislukking beklemtoon die Bybelwaarheid dat ,die mens nie self sy pad kan kies nie of self sy koers kan bepaal nie’ (Jeremia 10:23, NAV).​—2/15, bladsy 4.

◻ Waarom word ’n „gierigaard” in Efesiërs 5:3-5 ook „’n afgodedienaar” genoem?

Mense met ’n verterende drang na seks, na geld, na voedsel en drank of na mag en roem word slawe van sulke begeertes en maak hierdie dinge as ’t ware hulle afgode. Hulle groot doel in die lewe is gevolglik om hulle hebsugtige begeertes te bevredig.​—2/15, bladsy 25.

◻ Wat het Abraham en Isak na alle waarskynlikheid beweeg om hulle vrouens as hulle susters voor te stel?

Jehovah het reeds vir Abraham aangedui dat die seën van „al die geslagte van die aarde” van Abraham se saad afgehang het (Genesis 12:2, 3). Abraham (en later Isak) moes derhalwe aan die lewe bly om ’n nageslag te verwek en sodoende Jehovah se belofte te vervul. Dit is om hierdie rede dat hierdie manne moontlik besluit het dat dit verstandig sou wees om nie hulle huweliksverhouding bekend te maak terwyl hulle saam met hulle vrouens in gevaarlike gebied was nie. Sodoende sou die geslagslyn nie in gevaar gestel word nie.​—3/1, bladsy 31.

◻ Hoe het Noag ’n goeie voorbeeld vir hedendaagse gesinshoofde gestel?

Van Noag word daar gesê: „Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen” (Genesis 6:22). Noag se getrouheid en ywer het op sy seuns se verstande ingeprent hoe belangrik dit was dat hulle dieselfde eienskappe in hulle lewens openbaar. Hy het baie ure lank met sy seuns gepraat en saam met hulle gewerk. As gesin het hulle dinge saam gedoen. As ’n „prediker van geregtigheid” het Noag ook sy eie gesin in Jehovah se wette en vereistes onderrig (2 Petrus 2:5). In al hierdie aspekte het Noag ’n goeie voorbeeld vir hedendaagse gesinshoofde gestel.​—3/15, bladsy 26.

◻ In watter opsigte verskil Jehovah se Getuies van die wêreld?

Hulle verskil van die wêreld daarin dat hulle ywerige verkondigers van die goeie nuus van God se Koninkryk is, dat hulle vermy wat sleg is in God se oë, dat hulle neutraal bly ten opsigte van wêreldaangeleenthede en dat hulle liefde vir en besorgdheid oor die hele broederskap toon (Mattheüs 24:14; Hebreërs 1:9; Johannes 15:19; 13:35).​—4/1, bladsye 10-14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel