„My gids, my raadgewer”
Dit is wat die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut vir ’n jeugdige in Senegal, Wes-Afrika, is. „As ’n Moslem”, verduidelik hy, „was ek diep beïndruk deur die manier waarop julle die probleme van die jeug beskou. Julle bespreek adolessensie met begrip. Julle boek is vir my meer as ’n boek—dit is my gids, my raadgewer, en sal dit altyd wees.
„Aangesien ek sedert die ouderdom van elf vaderloos is, het ek by my ouma gewoon totdat ek negentien was. Ek is nou twintig. As my lewenswyse ’n goeie invloed op die mense om my het, is dit danksy die Jeug-boek. Ek weet nie hoeveel keer ek dit al gelees en herlees het nie. Elke onderwerp wat julle behandel, laat my voel asof dit net vir my is. Ek het ook julle boek met al my vriende gedeel. Hulle sê ook dat dit ’n skat van kennis is.”
Hierdie publikasie se 24 hoofstukke sluit in: „Hoe beskou jy dissipline?” „Moet jy sterk drank drink?” „Die musiek en danse wat jy kies”, „Het geslagsedelikheid sin?” en „Afsprake en hofmakery”. Jy kan hierdie uitstekende hulp tot ’n suksesvolle lewenswyse verkry deur eenvoudig die meegaande koepon in te vul en dit saam met R1,40 in te stuur.
Stuur asseblief die hardebandboek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut, met 192 bladsye, posvry vir my. Ek sluit R1,40 in.