’n Uiters inspirerende boek!
„Ek het so pas Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe klaar gelees”, het ’n vrou van Chicago, Illinois, onlangs geskryf. „Naas die Bybel is hierdie boek die akkuraatste, inspirerendste en besielendste werk wat ek nog ooit gelees het.” Sy het voorts verduidelik:
„My kennismaking met Jehovah se Getuies was taamlik negatief. Dit het my aanvanklik verleë gemaak wanneer hulle aanhoudend na my huis gekom het om vir my te vertel wat die Skrif sê. Sekere lede van my gesin het gemeen dat ek kranksinnig is om na hulle te luister. . . . Noudat ek die kans gehad het om te sien wat die waarheid behels deur hierdie boek te lees . . . sal ek dit hoog op prys stel as ek gereelde Bybelstudies met iemand in die organisasie kan hê.”
Die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe bespreek feitlik elke omstrede Bybelleerstelling. Dit bied die getuienis op so ’n bondige en eenvoudige manier aan dat die antwoord vir die leser duidelik word. Die boek se 256 bladsye, wat so groot soos hierdie tydskrif se bladsye is, bevat meer as 150 pragtige illustrasies waarvan die meeste in kleur is. Bestel dit nou. Slegs R3,50.
Dui een of albei aan: Stuur asseblief die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe aan my.
[ ] Ek sluit R3,50 in.
[ ] Ek wil graag hê dat een van Jehovah se Getuies my gratis moet besoek om die Bybel te bespreek.