Die “niere” en die “hart” in die Skrif
DIE letterlike niere verteenwoordig ’n deel van die liggaam wat laer as die vleeslike hart geleë is. Volgens een van die definisies is die niere die setel van menslike gevoelens, geneenthede en hartstogte. Webster’s New Collegiate Dictionary verbind die niere met die persoon se “temperament”.a In Openbaring 2:23 sê die verrese, verheerlikte Jesus Christus: “Dit [is] Ek . . . wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.” (Kyk ook Jeremia 11:20.) Die niere en die hart is verskillende organe van die liggaam en is op verskillende plekke geleë. Die fisiese niere is laer in die liggaam as die fisiese hart. Hulle reageer verskillend op verskillende stimuli. Hierdie reaksies sou op iets dui. Sulke reaksies kan dus vertolk of waargeneem word as aanduidings van verskillende eienskappe wat te kenne gee watter soort persoon die deursoekte individu is. Word ’n mens se letterlike hart beweeg om vinniger te klop of as ’t ware koud te word? Word die niere geprikkel om op ’n ongewone tyd en manier te werk? Die Deursoeker van die hart en niere kan sulke reaksies vertolk en die persoon beter verstaan; hy sien watter soort nier die persoon is.
In Psalm 16:6-8 skryf die komponis Dawid: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my. Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.” Hoe het Dawid se niere hom in die nag vermaan wanneer hy wakker was? Wel, as Dawid enigsins onseker was oor Jehovah se gesindheid teenoor hom, watter soort persoon hy werklik is, sou sy figuurlike niere hom ’n korrekte beoordeling gee van Jehovah se voorneme met hom. Dit is waarom Dawid vervolgens sê: “U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.”—Psalm 16:10.
Dawid sal natuurlik op God se bestemde tyd ’n opstanding uit die graf, of Sje’ool, ontvang; maar op Pinksterdag van 33 G.J., 50 dae na die opstanding van Jesus Christus, het die apostel Petrus Psalm 16:10 onder inspirasie op Jesus Christus toegepas. Volgens Handelinge 2:25-28 het Petrus gesê: “Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.”
Die vrolike hart het die psalmis Dawid opgebeur, en net so het die vrolike hart die aardse lewe van Dawid se groot antitipe, Jesus Christus, aktief gemaak. Die natuurlike hart het ook ’n uitwerking op die liggaam, net soos Spreuke 14:30 sê: “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees.” Die hart van die Grotere Dawid, Jesus Christus, kon rustig bly met ’n bestendige hartklop en bloedsomloop selfs onder moeilike omstandighede, ja, tydens vervolging en mishandeling, reg tot die tyd van sy teregstelling. Dit was eers toe dat hy aan ’n gebroke hart gesterf het.—Psalm 69:21.
In Hebreërs 4:12 word daar gesê dat “die woord van God . . . ’n beoordelaar [is] van die oorlegging en gedagtes van die hart”. Dit dui aan dat “die hart” aanleiding gee tot die oorlegging en gedagtes, wat deur “die woord van God” beoordeel word.
[Voetnoot]
a Slaan ook “nier” na in die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal en die Nasionale Woordeboek.