Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 1/15 bl. 30
  • ’n Getroue “stryder” sterf in Duitsland

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Getroue “stryder” sterf in Duitsland
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • God is my toevlug en sterkte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Daar is niks beter as die waarheid nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Jehovah het my as ’n vriend onderskraag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Ek het die “tog na die dood” oorleef
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 1/15 bl. 30

’n Getroue “stryder” sterf in Duitsland

KONRAD FRANKE het die Koninkryksboodskap die eerste keer in 1920, toe hy maar net 10 jaar oud was, gehoor, en hy is in 1924 gedoop. Hy en sy vader het elke Sondag vroeg met hulle bediening begin en groot tasse vol Bybellektuur op hulle fietse gelaai. Saans het hulle moeg maar gelukkig teruggekeer huis toe, skoon aangetrek en dan die weeklikse Wagtoring-studie bygewoon.

In 1931 het broer Franke die voltydse diens betree. Kort daarna het hy met sy vrou, Trudl, getrou, en sy het saam met hom die vervolging van die Hitlerbewind verduur. Nadat hy ’n aantal kere kort rukke in die tronk was, is broer Franke in 1936 in hegtenis geneem en nege jaar lank opgesluit. Die laaste vier van daardie jare het hy in die Sachsenhausenkonsentrasiekamp deurgebring. In April 1945 was hy een van die verenigde groep van 230 Getuies wat die ‘tog na die dood’ van Sachsenhausen na Schwerin oorleef het.

Teen die einde van die veertigerjare het broer Franke die leiding geneem met die oprigting van die Wagtoringgenootskap se takkantoor, hierdie keer in Wiesbaden, waar hy etlike jare as takopsiener gedien het. Hy was tot met sy dood ’n lid van die Duitse Takkomitee. Die onlangse siekte van sy vrou Trudl het hom baie ontstel, maar hy het die “Koninkrykseenheid”-streekbyeenkoms in München bygewoon, waar hy op 31 Julie 1983 in sy slaap oorlede is die dag voordat hy sy toespraak moes hou. Hy het dus gesterf en sy hemelse beloning ontvang soos hy dit altyd wou hê—druk besig om ‘die goeie stryd te stry’ as ’n “stryder” van die Koninkryk.—2 Timotheus 4:7, 8.

[Prent op bladsy 30]

Konrad Frank-met sy konsentrasiekampdrag–en Trudl Franke

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel