Praktiese oplossings vir probleme
Dit is wat Die Wagtoring bied. Die volgende is ’n voorbeeld van die briewe van waardering wat ontvang is:
“Ek wil julle uit die diepte van my hart bedank vir Die Wagtoring oor geslagsedelikheid. Myns insiens was dit ’n antwoord op my gebede. Ek het veral die reguit en ferme wyse waardeer waarop julle die probleme wat ons oral om ons sien, bespreek.
“Omdat ek uit ondervinding geleer het dat die wêreld niks waardevols het om ons te bied nie, was ek baie streng met my kinders. Hierdie tydskrif oor sedelikheid het nie alleen hulle gehelp om die gevare van sekere weë te sien nie, maar het my ook gehelp omdat dit my diepe oortuigings oor sekere sake herbevestig het. Ek is dankbaar dat julle hierdie dinge vir ons as ouers druk sodat ons kinders kan sien dat ma en pa tog nie so onredelik is nie.
“Baie dankie dat julle bestaande situasies openhartig bespreek. Ons wat ouers is, sal meer van hierdie artikels waardeer.”
Die Wagtoring bespreek die groot probleme van ons dag—alkoholisme, egskeiding, bloedskande, vuil taal, ensovoorts—op ’n praktiese wyse en toon hoe die Bybel waarlik hierdie probleme kan oplos. Moenie die volgende nommers misloop nie!