Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 11/15 bl. 3
  • Waardeer jy wat God vir jou gedoen het?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waardeer jy wat God vir jou gedoen het?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Betoon goedhartigheid in ’n vyandige wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Behaag Jehovah deur goedhartigheid aan die dag te lê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Laat goedhartigheid jou motiveer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • God se volk moet goedhartigheid liefhê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 11/15 bl. 3

Waardeer jy wat God vir jou gedoen het?

’N SEKERE vrou het die goeie nuus van die Bybel met haar buurvrou, ’n Chinese huisvrou met twee kinders, probeer deel. Maar die buurvrou se reaksie was: “Ek sal nooit ’n Christen word soos jy nie!”

Die Christin het egter nie tou opgegooi nie, maar aangehou om haar buurvrou met vriendelikheid te behandel en haar herhaaldelik te hulp se snel wanneer sy hulp nodig gehad het. Hierdie goedhartigheid het mettertyd die buurvrou se hart geroer. Sy het uiteindelik ’n Bybelstudie aanvaar sodat sy meer kon leer omtrent die God wie se aanbidders sulke onselfsugtige liefde openbaar. Eerlank het die Chinese vrou self ’n aanbidder van Jehovah, die God van die Bybel, geword, en dit in weerwil van hewige teenstand van haar man.

Hierdie ondervinding toon dat elke normale persoon dit waardeer wanneer hy of sy met vriendelikheid en bedagsaamheid behandel word. En dit is doodnatuurlik en reg dat ons ons waardering betuig teenoor iemand wat sulke goedheid aan ons bewys. Gestel byvoorbeeld ’n vriend nooi jou na ’n heerlike maaltyd, wat inspanning en geld gekos het. Sou jy, nadat jy so ’n feesmaal geniet het, van die tafel kon opstaan sonder om eens een woord van waardering vir die gasvryheid van jou gasheer uit te spreek? Wel, wat dan van die Skepper? Waardeer jy wat hy vir ons almal gedoen het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel