Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 11/1 bl. 3-4
  • Wie kan die wêreld red?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie kan die wêreld red?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus red die wêreld—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Jesus red — Hoe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat ons moet doen om gered te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigstes is wat gered sal word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 11/1 bl. 3-4

Wie kan die wêreld red?

IN ANTWOORD op hierdie vraag sal sommige sê: ‘Niemand.’ En geeneen van ons kan ontken dat die wêreld se probleme so vinnig toeneem en dat hulle so ingewikkeld geraak het dat die taak om die wêreld te red blykbaar bo die vermoë van teenswoordige menseregerings of selfs van die Verenigde Volke is.

Maar aangesien ons lewens en toekoms op die spel is, het ons goeie rede om te wil weet: Kan dit hoegenaamd gered word? Indien wel, deur wie?

Wêreldleiers is geneig om ’n droewe beskouing van die toekoms te hê. In ’n verslag van 26 bladsye oor die internasionale situasie het voormalige sekretaris-generaal van die VVO, Kurt Waldheim, gesê: “Die afgelope jaar het nuwe krisisse en min bemoediging gebring . . . Die patroon van wêreldgebeure het op onverwagse en soms onheilspellende maniere verander, en dit is geneig om talle bestaande probleme te vererger.” Hy het bygevoeg dat mense reg het wanneer hulle “besorg is oor die situasie”.

Aan die einde van 1981 is die volgende vraag onomwonde in ’n hoofartikel in die Latyns-Amerikaanse Daily Post gestel: “Het jy vanoggend wakker geword, die opskrifte gelees en skielik besef dat die wêreld deesdae ’n verskriklik gevaarlike, onbestendige plek is?” Nadat die hoofartikel verskeie aspekte van die internasionale probleme bespreek het, het dit geëindig: “Ons sou graag more wil wakker word, die opskrifte bekyk en wegloop met ’n gevoel dat dinge beter word. Maar ons dink eenvoudig nie dat dit gaan gebeur nie.”

Veral jongmense is geneig om die wêreldsituasie negatief te beskou. Wes-Duitsland is glo bekommerd oor ’n “toenemende leër doellose, soms gewelddadige, onverstaanbare, gewoonlik werklose en dikwels onbruikbare jongmense”. ’n Maatskaplike werker het hulle beskryf as mense met “geen horisonne, geen vooruitsigte en geen hoop nie”. Een van hierdie jongmense het gesê: “In my hart glo ek nie dat die wêreld nog vyf of tien jaar gaan bestaan nie. Maar ons moet iets doen omtrent die ellende wat bestaan. Ons het die stadium bereik waar ons weier om die verantwoordelikheid te aanvaar vir ’n stelsel wat nie ons goedkeuring wegdra nie.”

Hoe voel jy persoonlik? Kan jy oor jou kort lewe terugkyk en sê dat die wêreld vandag ’n beter plek is om in te lewe? Die meeste mense antwoord geredelik: Nee. Dit is eerder duidelik dat dit op vernietiging afstuur. Kan dit gered word? Jy sal ongetwyfeld saamstem dat hierdie aarde ’n wonderlike plek is om op te lewe, en jy doen alles in jou vermoë om jou lewe so lank moontlik te maak. Waar lê die probleem? Het jy gelet op die woorde van die jong persoon in die vorige paragraaf? Hy het gepraat van ’n “stelsel” wat hy nie goedkeur nie. Dit is interessant dat Jesus Christus se apostels hom uitgevra het na “die voleinding van die stelsel” (Mattheüs 24:3-14, NW). In antwoord daarop het hy ’n verreikende profesie gegee wat in ons dag vervul word. Wanneer ons dus praat van die redding van die wêreld moet ons nie dink aan die redding van hierdie aardbol nie. Ons moet ook nie dink aan die redding van die teenswoordige stelsel wat God se Woord sê tot uitwissing gedoem is nie. Die vraag gaan eerder om mense—die wêreld van die mensdom.

Wie gaan dan die wêreld van die mensdom red? Ons word nie in twyfel gelaat nie, want God se Woord sê: “God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Johannes 3:17; 12:47). Ja, dit is die mens se Skepper wat stappe gedoen het om die wêreld deur sy Seun, Jesus Christus, te red. Selfs ’n groep Samaritane, wat tevore die Jode gehaat het, het van Jesus gesê: “Ons weet dat Hy waarlik die Redder van die wêreld is.”—Johannes 4:42, NTP.

’n Godsdiensverskynsel van ons dag is die verskyning van talle sogenaamde Jesus-groepe. Jy sien die naam Jesus op motors en geboue geplak en op klippe in die veld geverf. Jy lees van groot, buitemuurse monstervergaderinge van die “Jesus”-mense. Hulle het oor die algemeen die tradisionele kerke verlaat. Hulle verkondig luid dat Jesus Christus die mensdom se enigste hoop is. Baie van hulle glo dat indien Jesus vandag gelewe het, hy sy aan sy saam met hulle in hulle bepaalde revolusie sou gewees het en dat hy teen die “stelsel” se verdorwenheid en ongeregtigheid sou geveg het.

’n Groep van sulke persone in Brasilië is gevra om hulle beskouing van Jesus op skrif te stel. Die algemene opinie was dat hy ’n welmenende man was wat liefde in ’n wrede en liefdelose wêreld verkondig het. Hulle het gesê dat hy geleer het dat alle mense gelyk is en ’n goeie voorbeeld van moed, geloof en hoop gestel het. Hulle het egter gemeen dat Jesus nie baie welslae in sy sending behaal het nie. Een Katolieke priester het dit soos volg gestel: “Kyk na Jesus. Hy het voortdurend gesprekke met die priesters gevoer, en al wat hy daaruit gekry het, was die kruis.”

Hoe beskou jy Jesus Christus? As ’n vurige opstandeling? As ’n groot filosoof en ’n wyse man, selfs ’n profeet? Sy leer het ongetwyfeld gedurende die afgelope 1 950 jaar ’n geweldige invloed op die mensdom gehad. Trouens, miljoene mense beweer vandag dat hulle reeds persoonlik deur hom gered is.

Dit ly geen twyfel dat Jesus die middel is waardeur sommige van die mensdom gered gaan word nie, soos ons in Johannes 3:17 gesien het. Die apostel Petrus het dit beaam deur te sê: “Daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Maar hoe gaan Jesus die wêreld red? Indien nie al die lede van die mensdom Jesus gaan aanvaar en aan God se vereistes vir redding gaan voldoen nie, is die vraag: Hoe word ’n persoon dan gered? Gestel jy is daardie persoon. Waaruit moet jy gered word, en waarin? Kom ons bespreek hierdie pertinente vrae.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel