Dit help haar man
Is daar lede van jou gesin wat jy graag op ’n geestelike manier wil help? Daar is nou ’n groot bron van hulp, soos blyk uit briewe soos die volgende:
“Ek kon net nie meer my geluk oor die nuwe boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe inhou nie. Dit is so groot dat ek net eenvoudig aan julle moes skryf. Ek is in Desember 1981 gedoop en het natuurlik self hierdie boek op prys gestel. Maar my man, wat probeer het om na ander boeke te luister, en maar net nie vat kon kry nie, luister feitlik elke aand na ’n hoofstuk en hy geniet dit terdeë! Die skryfstyl is so aangenaam, so logies, so interessant dat dit ’n ware genot is om te sien wat in die volgende hoofstuk is! Nogmaals baie dankie vir hierdie mooi boek.”
In net agttien maande is meer as 15 miljoen eksemplare van hierdie nuwe boek reeds in meer as 55 tale gedruk. Bestel jou eksemplaar en jy sal begryp waarom dit so gewild is.
Stuur asseblief die gebonde boek met 256 bladsye, Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, aan my. Ek sluit R3,50 in.