Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 9/1 bl. 8-9
  • Watter gebede verhoor God?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter gebede verhoor God?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie se gebede word verhoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Gebede wat verhoor word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Jesus bid terwyl hy verskriklik hartseer is
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 9/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Watter gebede verhoor God?

JY HERKEN moontlik hierdie toneel van Jesus wat in die tuin van Getsemane bid. Die manne wat daar naby slaap, is sy apostels Petrus, Jakobus en Johannes. Jesus weet uit die profesieë in die Bybel dat hy saam met misdadigers doodgemaak gaan word. Hy bid nogtans: “Vader, as U tog maar hierdie beker [God se wil dat Jesus gesmaad en gedood moet word] van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!”—Lukas 22:42; Jesaja 53:12.

Dit was ’n baie moeilike nag vir Jesus. Die Bybel sê: “En toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppel wat op die grond val” (Lukas 22:44). Is Jesus se gebede verhoor?

Dit is ongetwyfeld met hierdie geleentheid in gedagte dat die apostel Paulus geskryf het: “[Christus het] aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.”—Hebreërs 5:7, NTP.

Ja, God het Jesus se gebede verhoor. Let op die rede wat verstrek word: “Vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.” Ja, Jesus het ’n heilsame vrees gehad om God te mishaag. ‘Ek doen altyd wat Hom welgevallig is’, het hy gesê (Johannes 8:29). Ja, Jesus het sy hemelse Vader liefgehad en het altyd Sy wil gedoen. Dit is net soos die Bybel sê, naamlik “dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil”.—1 Johannes 5:14.

Hoe het God Jesus se gebede verhoor? Wel, hy het Jesus nie uit daardie situasie verlos nie. Jesus is in hegtenis geneem, soos ’n gemene misdadiger behandel en wreed om die lewe gebring. Maar kyk na die prent. Dit toon hoe Jesus versterk is om die situasie moedig te verduur. Die Bybel sê dat terwyl hy gebid het ‘’n engel uit die hemel aan Hom verskyn en Hom versterk het’.—Lukas 22:43; 1 Korinthiërs 10:13.

Ons kan ’n belangrike les uit hierdie Bybelverhaal leer. Dit is: As ons wil hê dat God ons gebede moet verhoor, ons moet sy wil doen; moet ons sy wette gehoorsaam. Die Bybel stel dit duidelik: “Wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22). Dit beteken dat ons ooreenkomstig ons gebede moet handel. Ons moet deur ons dade vir God toon dat ons werklik bedoel wat ons sê. Doen ons dit?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel