Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 7/15 bl. 23
  • Maxwell G. Friend oorlede

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maxwell G. Friend oorlede
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ’n Ope uitnodiging!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • ’n Ryk lewe in Jehovah se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 7/15 bl. 23

Maxwell G. Friend oorlede

’n Internasionale vriend van baie, Maxwell G. Friend, is op 10 Februarie 1983 op die ouderdom van 92 oorlede. Hy is op 7 Desember 1890 vir Joodse ouers in Oostenryk gebore en sy naam was aanvanklik Max Freschel. Na ’n ortodokse opvoeding het hy die Bybel saam met Switserse Getuies begin bestudeer. Hy is eindelik op 9 Mei 1913 gedoop en het ’n gesalfde Christen-lsraeliet geword. ln 1914 het hy in die Duitse Bethel gedien. Nadat hy met Irma getroud is, het hulle in die Switserse Bethel in Bern gedien. ln 1924 is hulle na die Brooklynse Bethel oorgeplaas, waar hy sy naam na Maxwell G. Friend verander het.”a

ln die Verenigde State het hy as ’n vertaler, ’n reisende spreker en ’n regiseur van dramas oor die uitsaaistasie WBBR gedien. ln 1943 het hy een van die stigters-instrukteurs van die Wagtoring-Bybelskool Gilead in South Lansing, N.Y., geword. Sewentien jaar lank het hy 34 klasse onderrig en bemind geword by meer as 3 600 sendelingstudente. Hy het Openbare Bybel-spraakkuns en Bybelnavorsing gedoseer. In die laaste jare het duisende sy stem leer ken in talle byeenkomsdramas. Hy het dikwels gesê dat hy eendag tot sy hoër toewysing sou “gradueer” om saam met Christus in die hemelse Koninkryk te wees—Openbaring 14:13.

[Voetnoot]

a Sy lewensverhaal het in “Die Wagtoring” van 15 April 1967, bladsye 186-192, verskyn.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel