Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 6/1 bl. 24
  • “Verafsku wat sleg is”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Verafsku wat sleg is”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Dae soos “die dae van Noag”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Staan Satan teë, en hy sal vlug!
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Heersers in die geesteryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 6/1 bl. 24

“Verafsku wat sleg is”

GOD se volk lewe in goddelose dae, dae wat ooreenkom met dié van Noag, toe “die HERE [gesien het] dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was” (Genesis 6:5; Mattheüs 24:37-39). Dit is die dae waarvan Openbaring 12:12 profeties gespreek het: “Weë die bewoners van die aarde . . . want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” Die Duiwel wil alles wat die Meester-Organiseerder, Jehovah God, vir hierdie aarde gereël het in wanorde bring. Dit sluit die huweliksreëling in. Met die oog op Satan se boosaardige aanvalle op sedelikheid en die gesin, word dit soms in ons ‘kragtige stryd vir die geloof nodig om sake duidelik en onomwonde te stel.—Judas 3.

Die verdorwenheid van Satan se wêreld het ’n skokkende vlak bereik. Dit is die smerige, permissiewe wêreld waarmee baie van Jehovah se volk daagliks in aanraking kom, net soos Godvresende Lot te kampe gehad het met “die losbandige lewe van die sedelose mense” in antieke Sodom (2 Petrus 2:7). ln hierdie moeilike tye beskou “Die Wagtoring” dit as sy verantwoordelikheid om die aandag te vestig op die standaarde wat ware Christene in ’n verdorwe gemeenskap moet naleef. ln die proses word dit nodig om die aandag te vestig op party van die onsedelike gebruike wat vir baie ’n norm in die hedendaagse wêreld geword het (Psalm 92:8). Dit blyk die beste te wees om hierdie dinge reguit te bespreek en dat ouers dit ook taktvol met hulle kinders bespreek. (ln hierdie goddelose wêreld is dit baie beter dat ouers volwasse, liefdevolle leiding oor geslagsake gee as om die kinders te los sodat hulle hierdie dinge by seksbehepte jongmense by die skool leer, iets wat tog vroeër of later sal gebeur.)

ln Efesiërs 5:3 word ons meegedeel: “Hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.” Ons meld sulke dinge nie op die ligsinnige, skertsende manier wat Satan se wêreldlinge dit doen nie. Maar wanneer die geestelike welsyn van God se volk bedreig word deur die goddelose wêreld rondom hulle, voel ons verplig om “groot vrymoedigheid” aan die dag te lê wanneer ons die gevare om ons bespreek (2 Korinthiërs 3:12; 7:4; Efesiërs 3:12). Dit is wat die volgende artikel gaan doen.—Romeine 12:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel