Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 3/15 bl. 26-27
  • Wie mag die embleme gebruik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie mag die embleme gebruik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • God se nuwe verbond nader volvoering
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Een Kudde, een herder
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hoe ons baat kan vind by “een Middelaar tussen God en die mense”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 3/15 bl. 26-27

God se Woord is lewend

Wie mag die embleme gebruik?

Na sononder op 29 Maart sal daar duisende vergaderinge dwarsoor die wêreld gehou word soos die een wat jy hierbo sien. Dit is die herdenkingsdiens van Jesus Christus se dood. Let op die brood en die wyn wat omgestuur word. Wie mag hierdie embleme gebruik?

Jesus se woorde aan sy 11 getroue apostels toe hy die gedenkmaal ingestel het, help om daardie vraag te beantwoord. Toe hy die beker wyn aan sy apostles gegee het, het hy gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word” (Lukas 22:20, NTP). Met Jesus Christus se offerdood is ’n “nuwe verbond” dus in werking gestel. Wat was die ‘ou’ of “vorige” verbond wat daardeur vervang is?—Hebreërs 8:13, NW.

Dit was die Wetsverbond. Dit is met die nasie Israel gesluit kort nadat hulle uit gevangenskap in Egipte verlos is. Moses was die middelaar van daardie verbond tussen Jehovah God en die Israeliete (net soos Jesus die “Middelaar van ’n nuwe verbond” is). Dit was die diere-offer by die berg Sinai wat die Wetsverbond in werking gestel het (Hebreërs 9:15-20, NTP). Maar dit is opmerklik dat ’n groot menigte nie-Israelite Egipte saam die Israelite verlaat het. En hoewel hulle voordele as gevolg van hierdie verbond geniet het, was hulle nie daarby ingesluit nie.—Exodus 12:38, 43-45, 48, 49.

’n Soortgelyke situasie bestaan in die geval van die nuwe verbond. Slegs Christene wat “die Israel van God” genoem word, word ingesluit in hierdie verbond met Jehovah God (Galasiërs 6:16). Jesus het hierdie beperkte getal Christene ’n “klein kuddetjie” genoem (Lukas 12:32). Maar daar is ’n “groot menigte” ander Christene wat Jesus sy “ander skape” genoem het (Openbaring 7:9, 10, 14; Johannes 10:16). Alhoewel hulle voordele as gevolg van die nuwe verbond geniet, word hulle nie daarby uitsluit nie.

Die apostel Johannes het die onderskeid aangetoon tussen hierdie twee groepe wat by Jesus se offerande baat vind toe hy aangaande Christus verduidelik het: “Hy is ’n versoening vir ons sondes [die sondes van die “klein kuddetjie”], en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.”—1 Johannes 2:2.

By die herdenkingsdiens van Christus se dood mag slegs lede van “die Israel van God” die brood en wyn gebruik. Daar sal eindelik 144 000 van hierdie geestelike Israeliete wees wat saam met Christus in sy hemelse koninkryk gaan regeer (Openbaring 14:1). Die groot, internasionale groep “ander skape” wat nie die embleme gebruik nie, sal andersyds die ewige lewe op die Paradysaarde geniet terwyl hulle die voordele van die Koninkryksheerskappy ontvang.

[Prent op bladsy 27]

“ANDER SKAPE” EN “KLEIN KUDDETJIE”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel