Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 1/15 bl. 7
  • ‘Hulle wêreld het geëindig’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle wêreld het geëindig’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Eerste Wêreldoorlog en die begin van die smarte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Die oorlog om ’n einde aan orloë te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wie sit werklik agter oorlog en lyding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Laaste dae
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 1/15 bl. 7

‘Hulle wêreld het geëindig’

Dit is om Skriftuurlike redes dat Jehovah se Getuies daarvan oortuig is dat ons sedert die kritieke jaar 1914 in die “laaste dae” lewe (2 Timotheüs 3:1-5; Mattheüs 24:3-14).a Maar talle geskiedskrywers en analitici het ook gesê dat 1914 ’n keerpunt in die mens se geskiedenis was. Rubriekskrywer Joe Chapman het byvoorbeeld die volgende in The Spectator van Hamilton, Ontario, oor “Die Groot Oorlog” gesê:

“Hoe onskuldig, hoe genadiglik onkundig, was die wêreld van Augustus 1914 tog!

“En nogtans verdien die Eerste Wêreldoorlog in baie opsigte, ten minste in ’n makabere sin, die titel ‘groot’.

“Dit was die eerste oorlog wat tereg ’n wêreldbotsing genoem kon word omdat feitlik elke belangrike nasie daarin betrokke was en daar op talle fronte, van Arktiese woestenye tot stomende oerwoude, veldslae plaasgevind het.

“Dit was die eerste ‘totale’ oorlog, waarby die hele nasie verwikkel geraak het en al die apparatuur van die burgerlike lewe ’n integrerende deel van die oorlogspoging geword het.

“Dit was die eerste oorlog waarin die tegnologie so ’n belangrike rol gespeel het. In geen ander oorlog is soveel nuwe wapens op ’n groot skaal in gebruik geneem nie: Die masjiengeweer, die tenk, die vliegtuig, die duikboot, gifgas, motorvervoer, telefone en ander dinge, terwyl geskut op ’n waarlik groot skaal gebruik is. Kortom, dit was die eerste van ons moderne oorloë.”

Rubriekskrywer Chapman het ook gesê dat “die oorlog nie net in ’n militêre en tegnologiese sin ’n keerpunt was nie. Dit was ’n maatskaplike en kulturele revolusie en die ou lewenswyse is geheel en al verpletter.” Nadat hy uitgewy het oor “die wêreld voor 1914” en die veranderinge sedertdien, het hy aangaande die Eerste Wêreldoorlog se uitwerking op die samelewing gesê:

“Nie eers die Tweede Wêreldoorlog, waarby die Nazi’s nuwe dimensies van wreedheid gevoeg het, en die atoombomslagting het skynbaar so ’n uitwerking op ons gehad as die Eerste Wêreldoorlog nie.

“Ons het op die een of ander wyse gewoond geraak aan die gedagte van totale oorlogvoering en is deur die geskiedenis verstomp sodat nie eens Hirosjima of Dresden dieselfde uitwerking as die verskriklike bloedbad van die Westerse Front gehad het nie.

“Dit is moontlik waarom die veterane van die vroeër stryd blykbaar manne was wat afgesonder was, manne wat dit moeiliker gevind het om hulle by die nuwe wêreld aan te pas as diegene van 1945. Niks in hulle lewe het hulle voorberei op die werklikheid van die loopgrawe nie en niks sedertdien het hulle ondervinding geëwenaar nie.”

Waar Chapman die onskuld beskryf van diegene wat in 1914 oorlog toe is, het hy gesê:

“Hulle het dit as ’n soort grap beskou, maar hulle is gou ontnugter en hulle en hulle wêreld sou nooit weer dieselfde wees nie. Hulle wêreld het inderdaad in meer as een sin vyf-en-sestig jaar gelede geëindig; dit het ’n bietjie langer geduur voordat die res van ons dit begin begryp het.”

[Voetnoot]

a Kyk hoofstukke 12-14 van die book “Let Your Kingdom Come”, wat deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel