Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 6/1 bl. 3-4
  • Die eerste leuen—Wie het dit vertel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die eerste leuen—Wie het dit vertel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie het die eerste leuen vertel?
  • Waarom is dit so maklik om leuens te vertel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Die waarheid oor leuens
    Ontwaak!—1997
  • Praat die waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Leuens—Is dit ooit geregverdig?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 6/1 bl. 3-4

Die eerste leuen—Wie het dit vertel?

IN ’N dorp in Suider-Afrika het twee mans in ’n motor deur ’n kruising gery. Die verkeerslig was groen, maar ’n verkeerskonstabel het hulle voorgekeer en gevra: “Waarom het julle teen die rooi lig gery?” Albei mans het dit ontken. Maar die konstabel het gesê: “Wil julle vir my sê dat ek blind is?” En hy het begin om ’n kaartjie uit te skryf. Die bestuurder het kalm geantwoord: “Daar is Iemand daar bo wat weet wat jy doen.” Die konstabel het geaarsel . . . en toe weggeloop.

Ja, die konstabel het ’n leuen vertel. Verbaas dit ons? Nouliks. Leuens is diep gewortel in die samelewing. Daar is al dikwels gesê: “As ’n mens ’n leuen dikwels genoeg vertel, sal die mense dit later glo.” Baie politici is dit skynbaar hiermee eens, en vir baie mense is leuens ’n integrerende deel van die politiek.

Mense lieg om allerhande redes. ’n Opregte Christen wat geruime tyd werkloos was, het by ’n firma om ’n betrekking aansoek gedoen. Maar die bestuurder het hom gewaarsku: “Om my produkte te verkoop, moet jy beter kan lieg as die ander ou!” Die Christen het geweier om die betrekking te aanvaar.

Selfs godsdienstige persone maak van leuens gebruik as hulle nie by goddelike standaarde bly nie. Onthou jy die reaksie van die Joodse godsdiensleiers toe hulle gehoor het dat die tereggestelde Jesus van Nasaret opgewek is? Hulle het die soldate wat Jesus se graf bewaak het, omgekoop om te sê: “Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.”—Mattheüs 28:12-15.

Tog wil dit voorkom of dit nie iets natuurliks vir mense is om te lieg nie. Dr. Lewis Thomas het geskryf: “Soos ek dit sien, kan ’n mens nie ’n leuen vertel, al is dit ook hoe klein, sonder dat dit die een of ander alarm êrens diep in ’n donker lobbetjie van die brein laat afgaan sodat daar skielik senu-impulse afgegee word of sekere neurohormone skielik afgeskei word nie . . . Dit veroorsaak spanning as ’n mens lieg, selfs al doen ons dit vir beskerming, of verligting, of ontkoming, of wins” (Discover, Desember 1980). Dit is hierdie fisiese reaksies wat ’n leuenverklikker aan die gang sit.

Aangesien dit soveel spanning veroorsaak wanneer iemand lieg, kan ons vra: Waar het leuens dan ontstaan?

Wie het die eerste leuen vertel?

Jesus Christus het die eerste leuenaar geïdentifiseer, en het getoon dat dit nie ’n mens was nie. Hy het gesê: “Wanneer hy [Satan] leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Johannes 8:44). Satan die Duiwel was dus die eerste leuenaar. Wanneer het hy begin om leuens te vertel? Volgens die Bybel was dit kort na die begin van die geskiedenis van die mensdom.

Die voorval is opgeteken in die Bybelboek Genesis, en die leuen was vir die mensdom ’n lewenskwessie. God het die eerste man, Adam, laat verstaan dat sy lewe van gehoorsaamheid afgehang het. Hy het Adam ’n eenvoudige wet gegee om te hou en vir hom gesê dat as hy daardie wet verbreek het, hy ‘sekerlik sou sterwe’. Maar Satan het kwaadwillig gelieg en gesê: “Julle sal gewis nie sterwe nie.” Dit was die eerste van die miljoene leuens wat op hierdie planeet Aarde gehoor is.—Genesis 2:17; 3:4.

Baie glo nie vandag daardie verhaal in die Bybel nie. Maar Jesus, die eerlikste man wat ooit gelewe het, het bevestig dat die verslag in Genesis nie ’n mite is nie, maar ware geskiedenis (Mattheüs 19:4, 5). Die gevolge van daardie leuen is beslis nog met ons. Dit het ’n ramp vir die mensdom beteken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel