Dit gee morele krag
’n Seun in Brasilië het beskryf hoe die boek “Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut” juis dit doen. Hy het geskryf:
“’n Paar weke gelede het ’n vriend my genooi om ’n onsedelike boek te lees en het ek geweier. ’n Ander skoolmaat wat teenwoordig was, was verbaas dat ek geweier het en het my om my redes gevra. Ek het vir hom verduidelik wat die Bybel oor hierdie soort leesstof sê en toe ek sy belangstelling sien, het ek verduidelik wat die Bybel oor homoseksualiteit en masturbasie sê.
“‘Waar het jy al hierdie dinge geleer?’ het hy gevra.
“Ek het vir hom die ‘Jeug’-boek gewys, en hy het dit aanvaar. Gedurende ons middagpouse het ek ’n Bybelstudie met hom begin. Hierdie veertienjarige vriend van my het reeds opgehou rook nadat ons net ’n paar weke lank gestudeer het.”
Jy kan hierdie voortreflike publikasie, waarvan daar reeds meer as 18 miljoen eksemplare versprei is, bekom. Vul net die koepon hieronder in en pos dit.