Hulle doen dit van ganser harte
Elke jaar skryf tienduisende wat nie gewone pioniers kan wees nie een of meer maande lank as hulppioniers in sodat hulle ’n groter aandeel in die verkondiging van die Koninkryksevangelie aan hulle bure kan hê. Baie beplan om dit vanjaar te doen. Wat van jou?
Diegene wat dit doen, stem almal saam: ‘Dit verg noukeurige beplanning en ’n realistiese rooster.’ Baie van hulle gaan nog skool, maar hulle skoolrooster is van so ’n aard dat hulle twee uur per dag aan die veldbediening kan wy as hulle vroeg opstaan en hulle tyd goed benut. Duisende jong Getuies put groot genot daaruit om hulle vakansietye vir sulke diens te gebruik.
Toe daar vir een Getuie gevra is waarom hy die ekstra poging aanwend om hulppionierdiens te doen, het hy gesê: “Dit is my manier om te sê: ‘Dankie, Jehovah, vir alles wat u vir my gedoen het.’”