Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/15 bl. 15
  • Die gebede in die Psalms kan jou vertroos

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die gebede in die Psalms kan jou vertroos
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Jona leer aangaande Jehovah se barmhartigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Hy het uit sy foute geleer
    Volg hulle geloof na
  • Hy het uit sy foute geleer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Bybelboek nommer 32—Jona
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/15 bl. 15

Die gebede in die Psalms kan jou vertroos

Min mense weet hoe dit voel om te verdrink of is al deur ’n yslike vis ingesluk en het gelewe om die verhaal te vertel. Dit is wat met Jona gebeur het. Die situasie waarin hy hom bevind het, was voorwaar uniek onder die mensdom. Hy was nogtans in staat om gedagtes te gebruik wat in sekere geïnspireerde Psalms uitgedruk is om sy smeekbede te doen terwyl hy hierdie uiters ongewone ondervinding gehad het. Vergelyk die volgende woorde van Jona met dié wat in die Psalms gevind word.

“Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor.”—Jona 2:2a.

“Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.”—Psalm 120:1.

“Uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp.”—Jona 2:2b.

“Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!”—Psalm 130:1.

“U het my stem gehoor.”—Jona 2:2c.

“Here, hoor na my stem.”—Psalm 130:2.

“U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring het.”—Jona 2:3a.

“Ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.”—Psalm 69:3.

“Al u bare en u golwe het oor my heengegaan.”—Jona 2:3b.

“Al u bare en u golwe het oor my heengegaan.”—Psalm 42:8.

“Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.”—Jona 2:4.

“Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë.”—Psalm 31:23.

“Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.”—Jona 2:5.

“Die waters het tot by die siel gekom.”—Psalm 69:2.

“Ek het afgedwaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek. HERE my God!”—Jona 2:6.

“HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.”—Psalm 30:4.

“Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink.”—Jona 2:7a.

“Ek maak voor sy aangesig my nood bekend. As my gees in my versmag.”—Psalm 142:3, 4.

“En my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.”—Jona 2:7b.

“Hy het my stem uit sy paleis gehoor.”—Psalm 18:7.

“Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.”—Jona 2:8.

“Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.”—Psalm 31:7.

“Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal.”—Jona 2:9a.

“Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.”—Psalm 50:14.

“Die heil behoort aan die HERE.”—Jona 2:9b.

“Die heil behoort aan die HERE.”—Psalm 3:9.

Net soos Jona die taal van sulke Psalms op sy eie omstandighede toegepas het, kan ons ook. Dit is waarom jy, ongeag wat jou situasie op die oomblik is, vertroosting en bemoediging kan put uit die gebede wat in die boek Psalms opgeteken is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel