Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/15 bl. 9
  • Is die naam werklik belangrik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is die naam werklik belangrik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Hoe jy God by name kan leer ken
    Ontwaak!—2004
  • Waarom moet ons God se naam gebruik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/15 bl. 9

Is die naam werklik belangrik?

DIT is ’n vraag wat baie opper in ’n bespreking van God se naam. “God is God”, sê hulle. “Hoekom het ons ’n naam nodig?”

The Illustrated Bible Dictionary, wat in 1980 deur Tyndale House Publishers uitgegee is, lewer hierdie kommentaar oor die betekenis van ’n naam in Bybeltye: “’n Studie van die woord ‘naam’ in die OT [Ou Testament] toon hoeveel dit in Hebreeus beteken. Die naam is nie bloot ’n etiket nie, maar dui die ware persoonlikheid van die draer aan. Dit kan verband hou met die omstandighede tydens sy geboorte (Gen. 5:29), of sy karakter weerspieël (Gen. 27:36), en wanneer ’n persoon sy ‘naam’ aan iets of ’n ander persoon heg, kom laasgenoemde onder sy invloed en beskerming.”

In verband met God se naam sê die woordeboek dan: “In teenstelling met Elohim [God] is Jahwe dus ’n eienaam, die naam van ’n Persoon, al is daardie Persoon goddelik. As sodanig het dit sy eie ideologiese plek; dit stel God voor as ’n Persoon en bring hom aldus in verhouding tot ander, menslike, persoonlikhede . . . , en hy spreek tot die Aartsvaders soos een vriend tot ’n ander.”

Die enigste manier waarop iemand gevolglik na aan God kan kom en ’n persoonlike verhouding met hom kan hê, is deur hom by sy naam, Jahwe of Jehovah, te ken en deur te leer om daardie naam eerbiedig te gebruik wanneer ’n mens hom aanbid (Johannes 17:26). Sulke persone sal inderdaad ‘onder sy invloed en beskerming kom’, want Jehovah self het gesê: “Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.”—Psalm 91:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel