Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/1 bl. 8-9
  • Kan beelde jou help om God te dien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan beelde jou help om God te dien?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Beelde
    Redenering uit die Skrif
  • Waarom met hout bou?
    Ontwaak!—1995
  • Moet God deur middel van beelde aanbid word?
    Ontwaak!—2008
  • Die Christelike beskouing van beelde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Kan beelde jou help om God te dien?

DIT is die gewoonte van baie mense om beelde in hulle aanbidding van God te gebruik. Hulle sê dalk dat hulle nie die beeld aanbid nie, maar dat dit hulle help om God te aanbid as hulle dit sien en aanraak. Maar wil God hê dat ons hom met behulp van beelde moet aanbid? Kom ons kyk.

God het sy eertydse volk Israel beveel: “Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie . . . Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud.” Die mense het geglo dat so ’n beeld of afgod hulle help om God te aanbid. Maar die Bybel sê voorts: “Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. . . . daar is ook geen goeddoen by hulle nie.”—Jer. 10:2-5; Jes. 46:6, 7.

’n Beeld of afgod het dikwels die vorm van ’n persoon. Die beeld kan gemaak word van ’n boom, waarvan die hout ook gebruik kan word om ’n vuur te maak. Die Bybel sê van ’n man wat hout vir albei hierdie doeleindes gebruik: “Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand . . . hy maak braaivleis klaar en word versadig . . . En van wat oor is, maak hy ’n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!”—Jes. 44:13-17.

Het dit werklik sin om ’n beeld te vereer? Die Bybel antwoord: “Hulle [wat dit doen] weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie; en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan ’n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor ’n stuk hout?”—Jes. 44:18-20; Ps. 115:4-8.

Soos ons kon verwag, het Jesus Christus dus nooit beelde in aanbidding gebruik nie. “God is Gees”, het hy verduidelik, “en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Joh. 4:24). Op grond van hierdie raad het nie een van Jesus se vroeë volgelinge beelde as hulpmiddele in aanbidding gebruik nie. Trouens, sy apostel Paulus het geskryf: “Ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie” (2 Kor. 5:7). En Jesus se apostel Johannes het gewaarsku: “Bewaar julleself van die afgode” (1 Joh. 5:21). Kyk gerus in jou huis rond en vra jouself af of jy hierdie raad toepas.—Deut. 7:25.

[Prente op bladsy 8]

Hulle is “die handewerk van ’n ambagsman . . .”

“Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle . . .”

“Hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie . . .”

[Prent op bladsy 9]

“Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand . . . En van wat oor is, maak hy ’n god . . . hy kniel daarvoor neer . . . en aanbid dit”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel