Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/15 bl. 3-4
  • Wie kan tevredenheid vind?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie kan tevredenheid vind?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan jy tevrede wees met jou lot in die lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Kokos-eiland sy verhale van verborge skatte
    Ontwaak!—1997
  • Vind tevredenheid deur Bybelbeginsels toe te pas
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • ‘Soek toevlug by die naam van Jehovah’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/15 bl. 3-4

Wie kan tevredenheid vind?

BAIE mense glo dat hulle soektog na tevredenheid baie gelukkig sal eindig indien hulle na ’n afgeleë en veilige tropiese eiland kan verhuis. Daar sal hulle tog sekerlik ’n rustige lewe kan lei terwyl hulle in die son sit, genoeg kos het om te eet en hulle oor niks bekommer nie.

In die boek Rascals in Paradise vertel James A. Michener en A. Grove Day van “’n onlangse fabelagtige voorval in die Stille Oseaan”. Kortom, die verhaal lui dat ’n sekere Australiër gedurende die dertigerjare van hierdie eeu tot die gevolgtrekking gekom het dat ’n groot oorlog naby was. Omdat hy nie by so ’n rampspoedige gebeurtenis betrokke wou wees nie, het hy stelselmatig na ’n toevlugsoord gesoek.

Die verhaal lui: “Met die deeglikste logika het hy eindelik besluit dat sy enigste veilige toevlugsoord teen die wêreld se kranksinnigheid ’n tropiese eiland was. . . . Hy het die Stille Oseaan bestudeer en die een gekies wat al die voordele gebied het: afgeleënheid, veiligheid, ’n goeie lewe . . . teen die einde van die somer van 1939, een week voordat Duitsland Pole binnegeval het, het hierdie verstandige Australiër na sy bepaalde skuilplek in die Stille Suidsee gevlug. Hy is na die feitlik onbekende eiland Guadalcanal.” Maar het hy daar sekuriteit en tevredenheid gevind?

Ongelukkig vir daardie vlugteling het selfs die afgeleë eiland Guadalcanal gedurende 1942 en 1943 die toneel van hewige gevegte geword! Trouens, tydens die grootste deel van die Tweede Wêreldoorlog was dit allesbehalwe ’n rustige tropiese paradys.

Dit het dekades gelede plaasgevind. Maar wat van vandag? Wat sien die eerlike waarnemer?

Stakings, protesoptogte, kinders wat van die huis af wegloop, kinders wat op skool uitsak, die onwettige gebruik van dwelmmiddels, gebroke huise en egskeidings—al hierdie dinge kom algemeen voor. Waarom? Wat is die gemeenskaplike faktor by die meeste van hierdie probleme? Ontevredenheid!

Dink ook aan die hedendaagse bedreiging vir vrede. Dink aan die moontlikheid van ’n kernslagting. Wie kan in sulke omstandighede tevredenheid vind?

Net soos in die Tweede Wêreldoorlog is daar vandag geen afgeleë en veilige tropiese eiland waarheen jy kan vlug nie. Met lugvervoer, massakommunikasie—ja, en besoedeling van die atmosfeer—kan nie een van ons ’n plek vind wat nou algehele veiligheid en rustigheid bied nie. Maar beteken dit dat alle manne, vroue en jongmense gedoem is tot lewens vol ongelukkigheid en ontevredenheid? Nee. En ons sal dit sien as ons ingaan op die dringende vraag: Kan jy tevrede wees met jou lot in die lewe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel