Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/15 bl. 10-12
  • Hoe om op te hou rook

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om op te hou rook
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE WIL OM OP TE HOU
  • DINGE WAT ’N MENS HELP OM OP TE HOU
  • WAAROM DIT DIE MOEITE WERD IS
  • Hoe jy kan ophou
    Ontwaak!—2000
  • Raak meer gemotiveerd
    Ontwaak!—2010
  • “Jy kan ophou—Ons het!”
    Ontwaak!—1998
  • Waarom moet ek ophou rook?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/15 bl. 10-12

Hoe om op te hou rook

’n Roker moet allereers werklik die begeerte hê om op te hou. Hy het ’n sterk beweegrede nodig. Jacquelyn Rogers, die stigter van Smokenders, ’n organisasie om rokers te help om op te hou, sê dat dit haar werk is om mense van beweegredes te voorsien. “Ons laat mense glo dat hulle kan ophou”, sê sy. Baie rokers slaag nie daarin om op te hou nie omdat hulle twyfel—hulle twyfel aan hulle vermoë om te slaag.

Kan die verskeie anti-rookprogramme en chemiese preparate ’n mens help om op te hou? Hulle het party klaarblyklik gehelp. “Ek sou nie kon ophou sonder hulp nie”, het een strawwe roker gesê. Maar dr. Neil Solomon, wat vir hierdie roker inspuitings vitamiene, minerale en novakaïen gegee het, het van hierdie behandeling gesê: “Dit is nie ’n towermiddel nie. As jy nie wil ophou nie, sal dit nie werk nie.”

DIE WIL OM OP TE HOU

Ja, sukses hang so te sê geheel en al af van die roker se vasbeslotenheid en wil om op te hou. Sonder hierdie vasbeslotenheid sal geen teenrookmiddel slaag nie. Maar met daardie vasbeslotenheid kan ’n persoon ophou sonder om vir ’n duur teenrookmiddel te betaal. Negentig persent van voormalige rokers het sonder enige van hierdie hulpmiddels opgehou. Die tydskrif World Health het gesê: “Die vernaamste element by welslae of mislukking is en sal altyd die roker se wilskrag wees. Die res is net bykomstighede.” Maar hoe kan ’n persoon die wil verkry om op te hou?

Baie het die wil gekry deur hulself voortdurend daaraan te herinner dat die rookgewoonte dodelik is. ’n Geneesheer in suidelike Miami, wat erken dat hy daarvan gehou het om te rook, het gesê: “Vrees is die enigste rede waarom ek nie rook nie.” Party teenrookprogramme wek hierdie vrees deur die verskriklike skade te beklemtoon wat rook die liggaam berokken. Sielkundige David M. Fineman het die proses van negatiewe verbeelding wat hom en ander gehelp het om op te hou rook, beskryf: “Ek het sigaretrook ingetrek en my die onmiddellike skade wat dit my liggaam berokken het, probeer voorstel. Ek het doelbewus probeer om hierdie beelde voor die gees te roep.”

Maar so ’n benadering is vir party nie genoeg aansporing om op te hou rook nie. ’n Huisvrou in New York het verduidelik: “As ek na ’n dokter gegaan en hy vir my gesê het dat ek aan kanker sou sterf tensy ek ophou rook, sou ek nie opgehou rook het nie. Rook was die vernaamste ding in my lewe, dit was vir my belangriker as voedsel. Ek het amper voortdurend gerook. Ek het selfs met ’n asbakkie in my hand in die huis rondgeloop.” Watter sterker beweegrede kan kwaai verslaafde rokers help om op te hou?

Hierdie huisvrou in New York het begin om die Bybel saam met Jehovah se Getuies te bestudeer. Maar die wete dat rook ’n verbreking van God se wet was, het nie op sigself vir haar voldoende vasbeslotenheid gegee om op te hou nie. “Ek wou ophou”, het sy gesê, “maar ek was so verslaaf. Ek het net nie die krag gehad om dit te doen nie.”

Sy het verduidelik wat haar eindelik vasbeslote gemaak het om op te hou. “My man het die Bybelwaarhede wat hy geleer het, aangeneem, hy het opgehou rook en is gedoop. Ek was so dankbaar! Ek wou niks doen wat sou verhinder dat ons Jehovah God op aanneemlike wyse dien en sou voorkom dat ons die ewige lewe in ’n nuwe stelsel van dinge kry nie, dus het ek my voorgeneem om ook op te hou rook.” En sy het!

DINGE WAT ’N MENS HELP OM OP TE HOU

Daar is hulpe beskikbaar om jou wil om op te hou te versterk. Die allerbelangrikste is die hulp wat God kan verleen. Die huisvrou van New York wat vroeër gemeld is, het verduidelik: “Ek het voortdurend tot Jehovah gebid en met sy hulp het ek by my voorneme gebly om nooit weer te rook nie.” Maar party bid en kan steeds nie ophou nie. Wat is die probleem?

Dit kan wees dat hulle nie op die regte tyd bid nie. Een roker het soggens en saans vir krag gebid, en nadat hy geswig en gerook het, het hy tot Jehovah gebid om vir Hom te sê dat hy spyt was oor wat hy gedoen het. ’n Christenvriend het vir hom gevra: “Is die oomblik wanneer jy jou hand na die sigaret uitsteek nie die tyd wanneer jy God se hulp nodig het nie?” Toe die man begin om op daardie oomblik te bid, het hy die hulp gekry om op te hou rook!

Die ondersteuning van vriende, veral vriende wat self opgehou rook het en gevolglik kan bevestig dat dit moontlik is, is ’n kosbare hulp. Gaan besoek dus sulke vriende. Sê vir hulle dat jy besluit het om op te hou rook, en vra hulle vir hulle ondersteuning.

Wat is die beste manier om op te hou? Is dit deur elke dag ’n paar sigarette minder te rook en aldus geleidelik op te hou? Of is dit deur ’n dag te bepaal en dan op daardie dag heeltemal op te hou?

In stryd met wat baie dink, het ’n omvattende studie van voormalige rokers getoon dat rokers onttrekkingsimptome beter die hoof kan bied as hulle skielik ophou rook. Navorsers Saul M. Shiffman en Murray E. Jarvik van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles het verduidelik dat wanneer persone geleidelik minder rook, hulle in werklikheid “hulle foltering verleng deur met tussenpose hulle simptome en rookgedrag te versterk. Hierdie chroniese onttrekkingstoestand sal in die reël daartoe lei dat die persoon terugval en weer die aanvanklike hoeveelhede begin rook.”

Die eerste paar dae nadat daar opgehou is, kan die moeilikste wees. ’n Hulp is dus om te dink aan die voordele as ’n mens nie rook nie. Een is die geld wat ’n mens bespaar. Dit kan ’n aardige bedraggie wees! “Ek sit nou [R1,50] per dag in die koffieblik—die geld wat ek vantevore aan sigarette sou bestee het”, het een man geskryf. “Ek meen dat dit oor die volgende 12 maande meer as [R500] sal beloop, genoeg om vir my vrou ’n pelsjas of so iets te koop.”

Met groot vasberadenheid het baie rokers ’n week lank of wat opgehou en die aanvanklike foltering van onttrekkingsimptome verduur. Maar World Health sê: “’n Moeilike tydperk begin, gewoonlik hier tussen die eerste en die derde week. Dit is wanneer hulle weer begin rook.” Die stryd moet dus voortgesit word!

Wanneer jy lus voel vir ’n sigaret, moet jy twee of drie keer diep asemhaal. Hou dinge byderhand wat jy in jou mond kan sit. Kou aan iets soos rosyntjies, neute en sonneblomsaad, of eet wortels en selderystingels, of kou kougom. Drink meer vloeistowwe—gesonde dranke soos vrugte- of groentesappe of net water. Sorg ook dat jy ’n meer gebalanseerde dieet volg.

Meer oefening kan ’n groot hulp wees. Probeer om te draf, tennis te speel, fiets te ry of te swem. Rek baie. Sorg dat jy baie rus kry. Gaan slaap vroeg sodat jy senu-uitputting vermy. Leer om te ontspan. Jy kan ophou rook as jy werklik wil!

WAAROM DIT DIE MOEITE WERD IS

Daar is baie voordele as ’n mens ophou rook. Dit sluit beter gesondheid en ’n langer lewensduur in, maar daar is ook baie ander voordele. Een voormalige roker het gesê: “Ek het al die natuurlike en eenvoudige genietinge herontdek—ek kan byvoorbeeld weer goed proe. Wanneer ek in die woud gaan wandel, besef ek dat alles nie meer dieselfde ruik nie—daar is ’n hele verskeidenheid reuke; dit is asof ’n mens ’n splinternuwe omgewing binnegaan.”

Maar die grootste voordeel is die wete dat wanneer jy ophou, jy ontslae raak van ’n gewoonte wat God, asook baie mense om jou, mishaag. As jy hulp wil ontvang om op te hou rook omdat jy graag Jehovah God se goedkeuring wil wegdra, kan jy aan die uitgewers van Die Wagtoring skryf. Dit sal vir hulle ’n genoeë wees om ’n bekwame prediker na jou huis te stuur wat met graagte nadere Skriftuurlike inligting sal voorsien en vir jou morele ondersteuning sal gee om jou te help om op te hou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel