Nebukadnesar se Babilon
Van die Babilon van Nebukadnesar se dag sê M’Clintock en Strong se “Cyclopædia”: “Babilon, die sentrum van ’n groot koninkryk, was die setel van grenselose weelde, en sy bewoners was berug vir hulle verslaafdheid aan gemaksug en verwyfdheid. [Die teoloog Curtius] voer aan dat ‘niks meer verdorwe kon wees as sy sedes en niks meer daarop ingestel was om te prikkel en tot buitensporige genot te verlok nie. Die gasvryheidsritusse is deur die grofste en skaamteloosste wellus besoedel’.” Nadat dit die verdorwe seksaanbidding en die korrupsie van daardie stad beskryf het, sê die “Cyclopædia”: “Babilon staan dus in die Nuwe Test[ament] (Openb. xvii, 5) slegs as die beeld van die skaamteloosste losbandigheid en afgodediens.”