Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/1 bl. 27
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Galileo se “kettery”
  • Sekulêre betrekkings vir geestelikes?
  • Is die Lykkleed van Turyn Jesus se grafdoek?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die lykkleed van Turyn—Jesus se grafdoek?
    Ontwaak!—1998
  • Insig in die nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Milaan en Turyn—Fassinerende stede om te besoek
    Ontwaak!—2001
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/1 bl. 27

INSIG IN DIE NUUS

Promiskuïteit gevaarlik

• Die hoof van die Kankerbeheeragentskap van Brits-Columbië in Kanada, dr. David Boyes, meen dat baarmoedernekkanker as ’n veneriese siekte geklassifiseer moet word. Waarom? Weens die vinnige vermeerdering daarvan onder jong vroue wat geslagsomgang het. Dit bewys dat dit deur geslagsomgang veroorsaak word. “Diegene wat jonk begin om geslagsomgang te hê en diegene wat met baie mans omgang het, loop groot gevaar om dit te kry. As ’n meisie byvoorbeeld op die ouderdom van 15 begin om omgang te hê, loop sy dieselfde gevaar as wat sy sou geloop het as sy ’n prostituut was”, het hy verduidelik. Die koerantverslag het ook getoon dat baarmoedernekkanker nie so baie voorkom by diegene wat nie promiskueus is nie.

Hoe getuig hierdie hoë prys vir promiskuïteit tog nie van die wysheid van die Bybelraad om selfbeheersing aan die dag te lê en ’n mens ‘van hoerery te onthou’ nie! Hoewel meisies en vroue ’n fisiese prys betaal, waarsku die Skrif dat seuns en mans hulle ook ‘van hoerery moet onthou’ om nie iemand anders ‘in hierdie saak te bedrieg en te benadeel nie’, omdat “die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge”.—1 Thess. 4:3-7; Hand. 15:20.

Galileo se “kettery”

• Die Vatikaan het aangekondig dat dit die kettery-veroordeling van die 17de-eeuse sterrekundige Galileo gaan hersien. Wat was sy “kettery”? Hy het Copernicus se mening onderskryf dat die aarde nie die middelpunt van die heelal is nie, maar dat dit tesame met die ander planete rondom die son as middelpunt gedraai het. Waarnemings deur die teleskoop wat pas uitgevind was, het Galileo daarvan oortuig dat sy posisie korrek is. Maar pous Paulus V het Galileo vermaan om nie die leerstelling “te glo, te leer of te verdedig” nie. Later het Galileo verplig gevoel om ’n werk te publiseer waarin hy die Copernicaanse stelsel verdedig. Daarna het die Inkwisisie hom skuldig bevind aan kettery en het Galileo sy siening teruggetrek. Hy was verplig om die res van sy lewe in huisarres deur te bring. Nou, na 347 jaar, het ’n woordvoerder vir die Vatikaan se Sekretariaat vir die Nie-gelowiges, soos die eertydse Heilige Offisie of Inkwisisie genoem word, gesê: “Dit is op versoek van die Pous dat die geval van Galileo ondersoek word.”

Nadat dit op die saak ingegaan het, het die “New Catholic Encyclopedia” die gevolgtrekking gemaak: “Die teoloë se behandeling van Galileo was ’n betreurenswaardige fout; en hoe dit ook al verduidelik word, dit kan nie verdedig word nie.” So ’n fout kon vermy gewees het as die pous gelewe het volgens die beginsel wat Christus gevolg het, naamlik om sake wat vir hom van geen ware belang was nie te vermy—Vergelyk Lukas 12:13, 14.

Sekulêre betrekkings vir geestelikes?

• Omdat kerke se bedryfskoste die hoogte inskiet, het ’n Anglikaanse biskop in Kanada gesê dat geestelikes moontlik ‘gedwing sal word om sekulêre betrekkings as prokureurs, verpleegsters of fabrieks- en bouwerkers te soek en net naweke hulle tyd aan die kerke te wy’. Toe Anglikaanse biskop David B. Ragg ’n sinodevergadering toegespreek het, het hy gesê dat die apostel Paulus homself onderhou het deur tente te maak. Volgens ’n berig in Toronto se “Star” het hy gesê dat “priesters miskien almal hul toevlug sal moet neem tot ’n bediening waar hulle ‘tente moet maak’”.

Die godsdiensredakteur van die “Star” het onderhoude gevoer met ’n paar geestelikes om hulle reaksie te kry. ’n Baptiste-predikant het gesê: “St. Paulus het tente gemaak, en vir die eerste 300 jaar is die vroeë kerkleer deur informele sendelinge uitgedra. Sekulêre betrekkings sal geestelikes uit afsondering bring en groter kontak met hulle kuddes laat geniet.” ’n Anglikaanse rektor het gesê dat dit “die predikant met die werklikheid in aanraking sal bring”.

Sulke erkennings is ironies in die lig van die kritiek wat baie geestelikes dekades lank oor Jehovah se Getuies uitgespreek het omdat die Getuies geen aparte, besoldigde geestelikes het nie. In die meeste gevalle het die Getuies sekulêre betrekkings om hulself en hulle gesinne te onderhou, terwyl hulle naweke en ander beskikbare tyd gebruik om die evangelie in die buurte te versprei. Werk dit? Die verslag oor die vroeë Christene en die groei van Jehovah se Getuies in hedendaagse tye bevestig dat dit werk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel