Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 1/15 bl. 32
  • Van haat tot Christelike liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van haat tot Christelike liefde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 1/15 bl. 32

VAN HAAT TOT CHRISTELIKE LIEFDE

VAN sy ware volgelinge het Jesus Christus gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Joh. 13:35). Selfs party wat ware Christene geword het, het mekaar tevore gehaat. Slegs Jehovah God kon hulle gehelp het om hulle gesindheid te verander. Bewys hiervan blyk uit die volgende ondervinding uit ’n eiland in die Karibiese See:

“Ek was ’n leier van ’n politieke party wat graag ’n bewindsverandering wou sien. Ons het van verskeie metodes gebruik gemaak om dit te bewerkstellig, en ek het dus gehoor dat ’n speurder die werk gekry het om my te agtervolg en te vang. Aangesien ek nou bewus was daarvan, was ek gereed en wakker indien hy sy verskyning sou maak. Ek weet nie wat sou gebeur het indien ek hom ooit teëgekom het nie, maar daar kon maklik ’n tragedie gewees het. In my hart het ek hom begin haat as ’n simbool van dit waarteen ek gestry het. Ek het egter na New York verhuis en dit was daar dat ek begin het om die Bybel saam met Jehovah se Getuies te bestudeer. Ek het al my bande met die politieke party verbreek en my lewe verander om Jehovah te dien.”

Later het hierdie man na sy tuisland teruggekeer. Hy gaan voort:

“Ek was eendag besig om by ’n byeenkoms [van Jehovah se Getuies] te werk, en omdat ek ’n kok was, het ek in die kombuis gehelp. Een persoon het vir my gevra: ‘Broer B—, hoe het jy die waarheid geleer?’ Ek het begin verduidelik en gemeld hoe dankbaar ek Jehovah was dat ek nooit die speurder teëgekom het wat aangestel was om my te agtervolg nie, want iets verskrikliks kon gebeur het. Net toe het ’n ander broer, wat besig was om potte en panne te was, haastig na ons gekom en gevra: ‘Is jy broer B—?’ ‘Ja’, het ek gesê, waarop hy geantwoord het: ‘Weet jy wie ek is? Ek is die voormalige speurder wat opdrag gekry het om jou te vang.’

“Toe moes jy ons sien! Ons het mekaar die hand gegee, mekaar omhels en mekaar op die rug geklop. Trane van geluk het gevloei. Daar het nog meer vreugde en geluk in die kombuis geheers as tevore toe almal hul werk gestaak het om die spesiale oomblik te deel. Daar in daardie byeenkomskombuis was daar lewende bewys van hoe haat in liefde verander kan word deur die krag van Jehovah se gees en sy goedertierenheid.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel