Pous se verleentheid
Een probleem waaraan pous Johannes Paulus II gedurende sy onlangse reis na Afrika aandag moes skenk, was tot watter mate sy Kerk hom by die plaaslike huweliksgebruike aangepas het. “ln baie dele van die agterveld”, berig New York se “Times”, “is priesters en biskoppe veelwywers. ’n Belgiese teoloog in die hoofstad het nou die dag beweer dat dit nie veelwywery in die ware sin is nie, maar eintlik in kerktaal ‘konkubinaat’. In die geval van geestelikes, het hy gesê, word veelvuldige huwelike nooit voltrek nie.” Die teoloog het ook gesê: “Almal besef ook dat dit onreëlmatig is vir ’n priester om vrouens te hê, gevolglik is daar geen seremonie nie.”
Die pous het hom andersyds sterk ten gunste van die ongehude staat uitgespreek. Dit is ironies dat die standpunte van Kerkleiers van Afrika sowel as die Vatikaan strydig is met die leerstellings van Christus en die Bybel. Veelwywers en diegene wat ongetroud saamleef, maak hulle skuldig aan hoerery en/of owerspel. Hulle moet uit die gemeente gesit word—beslis nie die amp van priester of biskop beklee nie. En die Katolieke “Douay”-Bybel sê: “’n Biskop moet derhalwe onberispelik wees, die man van een vrou”—nie noodwendig ongetroud nie.—1 Tim. 3:2, 12; 4:3; Matt. 19:9; 1 Kor. 5:9-13.