Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 10/1 bl. 7-8
  • Hulle het hulp gevind om lewensprobleme die hoof te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het hulp gevind om lewensprobleme die hoof te bied
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer kwellende probleme tot die verlede behoort
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Werp jou bekommernisse op Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Wees vasbeslote om ‘julle broederliefde te laat voortduur’!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • “Wees oor niks besorg nie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 10/1 bl. 7-8

Hulle het hulp gevind om lewensprobleme die hoof te bied

ELKE persoon het sy eie probleme. Maar daar is ’n lewenswyse wat mense help om sulke pynlike benoudheid of ongerustheid die hoof te bied. Ja, dit is moontlik om kwellende probleme dit hoof te bied. Hoe? Deur die Christelike lewenswyse.

Siekte veroorsaak vir baie mense groot kommer. “My gesondheid was haglik toe Jehovah se Getuies my die eerste keer besoek het”, het een vrou in Engeland gesê en bygevoeg: “My senuwees was baie sleg en ek het 140 senuweetablette per maand gedrink, benewens die 40 sigarette wat ek per dag gerook het. Die boodskap van hoop uit die Bybel was ’n groot aansporing om met hierdie gewoontes te breek, maar dit was ’n groot stryd.” Sy het egter daarin geslaag en gesê: “Met Jehovah se hulp en gees kon ek my na sy vereistes skik, en ek sien uit na volmaakte gesondheid in sy nuwe orde.”

Vrede is so ontwykend dat party dit angstig najaag. “Ek het na vrede gesoek”, het ’n sekere jongman in Kanada gesê, wat ook “ware broederliefde” gesoek het. Hy het verskeie kerke besoek, maar was teleurgesteld. Mettertyd het hy “’n al hoe groter dwelmslaaf geword” en twee keer probeer om selfmoord te pleeg. Terwyl hy in die hospitaal herstel het na die tweede poging het die jongman met ’n indiwidu gepraat wat die Bybel saam met Jehovah se Getuies bestudeer. Nadat hy beweeg is om die Skrif te lees, is hierdie jong persoon beïndruk deur die woorde in Josua 1:8, en hy het besluit om te doen wat die Bybel sê. Hy berig: “Gevolglik het ek my gewas, my hare laat kap, en dadelik opgehou om dwelmmiddels te gebruik.” Getuies het hom gereeld besoek, en hierdie jongman is eerlank gedoop om sy toewyding aan Jehovah God te simboliseer. Tydens ’n onderhoud op die dag van sy doop het hy vir ’n byeenkomsgehoor gesê: “Ek het vrede en ware broederliefde gevind.” Ja, sy naarstige soeke na vrede en broederliefde is beloon deur aangename omgang met diegene wat die Christelike lewensweg bewandel.

’n Gebroke huwelik was maar net een van die talle angswekkende omstandighede van ’n jong vrou in die Verenigde State. As ’n tienjarige kind van ’n alkoholiese moeder in ’n gebroke gesin het sy al probeer om selfmoord te pleeg! Tydens later jare het sy gewonder: ‘Wat is die sin en doel van my lewe?’ Nadat haar eerste huwelik misluk het, het die jong vrou weer getrou en deur haar skoonmoeder, een van Jehovah se Getuies, met die Bybel se boodskap in aanraking gekom. Dit het mettertyd daartoe gelei dat sy haar aan God toegewy het en gedoop is. Weens die liefdevolle besorgdheid van lede van die gemeente en die persoonlike hulp van ’n sekere Christin, kon hierdie vrou sê: “Dit voel vir my vir die eerste keer in my lewe dat ek ’n hele persoon is. Tevore was my lewe die verkwiste produk van ’n slegte milieu. Ek het nou egter ’n nuwe blaadjie omgeslaan. In plaas daarvan om my lewe te wil neem, het ek iets om aan ander te gee . . . Ek het ’n lewende hoop in my persoonlike verhouding met Jehovah gevind.” Nadat sy daardie “lewende hoop” gevind het, het sy inderdaad ontdek wat die doel van die lewe is.

Soos voorheen gemeld is, beloof die Skrif ’n dag wanneer kwellende probleme nie meer sal bestaan nie. Maar deur Jehovah se voorsienings het baie selfs nou al geestelike hulp gevind om die probleme van die lewe die hoof te bied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel