Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 9/15 bl. 32
  • Wat sien jy wanneer jy in die spieël kyk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sien jy wanneer jy in die spieël kyk?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 9/15 bl. 32

Wat sien jy wanneer jy in die spieël kyk?

ANTIEKE handspieëls was dikwels van metaal gemaak, soos die bronsspieël in die illustrasie. Hoewel puimsteenpoeier gebruik is om hulle blink te vryf, het hierdie metaalspieëls nie so ’n goeie weerkaatsende oppervlak gehad soos hedendaagse glasspieëls nie. Dit is waarom die apostel Paulus kon skryf: “Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël” (1 Kor. 13:12, NAB). ’n Persoon kon nietemin sy gesig in een van hierdie spieëls sien, en indien hy nie tevrede was met wat hy gesien het nie, kon hy probeer om sy voorkoms te verbeter.

Die dissipel Jakobus het God se Woord met ’n spieël vergelyk en geskryf: “Word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.”—Jak. 1:22-25.

Die persoon wat by God se wet bly, is nie net ’n eerbiedige luisteraar by Christenvergaderinge nie. Hy sien waar hy geestelike veranderinge moet aanbring, en hy bring hulle met Jehovah se hulp aan. Die apostel Paulus het getoon dat Christene “soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here” in hulle bediening weerspieël (2 Kor. 3:18; 4:1). Die denkende ‘dader van die woord’ is dus by uitstek ’n “dader van die werk” om te preek en ander te help om hulle lewens in die lig van God se wet te sien. Dit sal hulle hopelik ook beweeg om gelukkige dissipels van die Here Jesus Christus te word.—Matt. 28:19, 20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel