Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/1 bl. 32
  • ’n Vreugdevolle gedenkmaal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Vreugdevolle gedenkmaal
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/1 bl. 32

’N VREUGDEVOLLE GEDENKMAAL

SONDAGAAND, 19 April 1981, na sononder, sal die grootste gebeurtenis van die jaar op die Christelike kalender plaasvind. Dit is die Gedenkmaal van Jesus se dood, wat gevier word in gehoorsaamheid aan sy bevel: “Doen dit tot my gedagtenis” (1 Kor. 11:24). Terwyl die son op die een plek na die ander op aarde ondergaan, sal Jehovah se Getuies sowat 24 uur lank hulle eenheid, hulle vreugde en hulle waardering vir Jesus se groot offerande betoon terwyl hulle in meer as 43 000 gemeentes in sowat 205 lande vergader. ’n Mens kan ’n idee kry van die vreugde wat Jehovah se volk by hierdie geleentheid smaak as jy kyk na party van die verslae oor verlede jaar se Gedenkmaal:

Chili: Ondanks die probleme om groter sale te huur, het ons ’n puik opkoms van 50 508 gehad.

Madagaskar: n Glanspuntvan die jaar. 4 598 mense het dit bygewoon, en ons het ’n nuwe hoogtepunt van 1 021 verkondigers gehad.

Sri Lanka: Die nuwe hoogtepuntin die bywoningsyfer van 2 108 was meer as 16 persent hoër as verlede jaar s’n. Boeddhiste en Hindoes reageer goed op die waarheid.

Brasilië: ’n Opkomshoogtepunt van 316 268 is bereik. Amper 8 000 wat Babilon die Grote verlaat het, is vanjaar gedoop.

Rwanda: Ons Gedenkmaal is deur 585 bygewoon, ons het vir die eerste keer 165 verkondigers gehad en 10 is vanjaar gedoop. Baie loop meer as 16 kilometer in een rigting om die vergaderinge by te woon.

Luxemburg: Ons het ’n Gedenkmaalopkoms van 2 153 gehad, asook ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 946, ’n vermeedering van 8 persent. Jehovah se gees is baie bedrywig.—Gal. 5:22.

Guatemala: Die Gedenkmaalopkoms was vanjaar die hoogste wat dit nog ooit was, 19 394—amper vier vir elke Koninkryksverkondiger wat rapporteer.

Al 5 726 656 persone wat hierdie belangrike viering verlede jaar bygewoon het, asook alle ander belangstellendes, word hartlik uitgenooi om teenwoordig te wees. Tree in verbinding met die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies om uit te vind presies hoe laat hierdie vergadering na sononder op 19 April gehou gaan word. Mag jou teenwoordigheid jou groot vreugde verskaf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel