Waarheen, na die vernietiging van Georganiseerde Godsdiens?
Die leser sal dit nuttig vind om Jeremia hoofstukke 40 tot 49 te lees voordat hy hierdie en die volgende artikel bestudeer.
“Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!”—Jer. 48:10.
1. Watter probleem sal die vernietiging van Georganiseerde Godsdiens vir die oorlewendes skep?
“DIE Georganiseerde Godsdiens van die wêreld het geval!” Ons kan verwag dat haters van alle gewilde godsdiens sulke woorde met groot gejuig sal uitroep wanneer vandag se georganiseerde godsdiens met geweld vernietig word. Waarheen sal oorlewendes van daardie byna ongelooflike gebeurtenis gaan? Waarheen sal hulle hulle dan kan wend? Ons stel hierdie vrae in alle erns.
2. Watter vraag is deur Jeremia se profesieë geopper, en waar het hy hom bevind nadat hy byna 40 jaar lank geprofeteer het?
2 Party wat tot vandag toe ’n gewilde kerk aangehang het, sal nou vol ongeloof vra: ‘Sal die Skepper van die hemel en aarde so iets toelaat?’ Hierdie vraag kom ooreen met die vraag wat ongeveer 2 625 jaar gelede gestel is as gevolg van die woorde van ’n Jood uit die priesterlike geslag, die jong profeet Jeremia van die stad Anatot in die Midde-Ooste. Hy het skynbaar geprofeteer teen die godsdiens wat destyds deur sy eie volk beoefen is. Volgens Jeremia sou hulle tempel, die enigste een wat deur godsdienswet toegelaat is, afgebrand word. Hulle tempelstad, Jerusalem, sou in ’n vullishoop omskep word. Die beoefenaars van die gewilde vorm van godsdiens sou as ballinge weggevoer word na die land van hulle veroweraars om 70 jaar daar te bly. Jeremia se profesieë oor sulke rampe het sterk protes uitgelok. Nadat hy byna 40 jaar lank sulke profesieë geuiter het, het Jeremia homself tydens die bewind van die laaste koning van die dinastie van Dawid wat die troon sou beklee, naamlik Sedekia, in die gevangenis in Jerusalem bevind.
3. Het Jehovah, deur so ’n godsdiensramp toe te laat, sy eie aanbidding vernietig? Wat dan?
3 Die God wie se naam oor die tempel van Jerusalem uitgeroep is, het toegelaat dat so ’n godsdiensramp plaasvind. Trouens, Jerusalem het die boodskap oor sulke ondergang reg van hierdie God, Jehovah, ontvang. Wat? Sou hy sy eie godsdiens, die aanbidding van hom as die ware God, vernietig? Glad nie! Hy het hom bloot voorgeneem om die besoedelde, verdraaide vorm van aanbidding wat destyds beoefen is by die tempel wat sy naam gedra het en wat daardie heilige naam oneer aangedoen het, te vernietig. Jehovah se woord deur Jeremia het geseëvier! Diegene wat hardnekkig daarteen beswaar gemaak het, het verloor. Van die sewende tot die tiende dag van die noordelike somermaand Ab, die vyfde maand van hulle jaar, is die tempel gesloop en is die gehawende, hongergeteisterde stad Jerusalem uitgewis. Die koning, Sedekia, is kort tevore gevang terwyl hy gevlug het en die duisende uitgeteerde Joodse oorlewendes is as gevangenes weggevoer na moeitevolle ballingskap in Babilon, toe die wêreldheerser.
4. Is al sulke antieke geskiedenis vandag vir ons van belang?
4 Maar is al hierdie antieke geskiedenis werklik vandag vir ons van belang? Ja! Waarom? Omdat dit profeties was, en daarom moes dit opgeteken en tot vandag toe in talle lewende tale op die bladsye van die Heilige Bybel bewaar word. ’n Ywerige student van daardie antieke geskiedenis, ’n Jood met wie se volk daardie tragiese geskiedenis regstreeks verband gehou het, het die belangrikheid van sulke antieke geskiedenis beklemtoon deur hierdie woorde in die eerste eeu van ons Gewone Jaartelling te skryf: “Al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”—1 Kor. 10:11.
5. Vóór watter godsdiensramp het Paulus 1 Korinthiërs 10:11 geskryf, en waarom sal so iets nie herhaal word nie?
5 Dit was die Christenapostel Paulus wat daardie gewigtige woorde geskryf het ongeveer 15 jaar voordat die herboude stad Jerusalem saam met sy tempel in 70 G.J. deur die Romeinse legioene vernietig is. So iets sal nie ’n derde keer gebeur nie, want geen Joodse tempel troon vandag bo Jerusalem uit nie. Drie groot godsdienste stel nou in daardie geskiedkundige stad belang—die valse Christendom, Islam en die Jodedom.
6. Watter deel van Georganiseerde Godsdiens sal eerste uitgewis word, en wat sal dit vir diegene beteken wat dan by die ander dele van Georganiseerde Godsdiens aansluit?
6 Daar is gelowe wat ouer as die van die valse Christendom is. Maar volgens wat Jeremia van die eerste Jerusalem te kenne gegee het, sal die valse Christendom egter die eerste deel van Georganiseerde Godsdiens wees wat vernietig sal word. Ja, Jerusalem het die valse Christendom profeties afgebeeld, want laasgenoemde beweer dat sy die godsdiens beoefen wat in 33 G.J. in die tweede Jerusalem begin het. Waarheen sal die oorlewende aanhangers van hierdie hedendaagse teenbeeld van die gedoemde Jerusalem van Jeremia se dag gaan nadat sy uitgewis is? Na enige oorblywende nie-Christelike gelowe? As hulle dit sou doen, sou hulle hulle toevlug neem tot ander dele van iets wat vir ewig vernietig gaan word, naamlik Georganiseerde Godsdiens.
7. Waar het die Babiloniërs Jeremia en sy sekretaris ná Jerusalem se val toegelaat om te woon, en watter fees het toe genader?
7 Kom ons kyk hoe dit afgebeeld is nadat die eerste Jerusalem in 607 v.G.J., in Jeremia se dag, vernietig is. Party arm Jode van die land is toegelaat om in die verowerde land Juda agter te bly onder Gedalja, wat deur die seëvierende koning Nebukadnesar as goewerneur oor die land aangestel is. Dit het plaasgevind in die vyfde maanmaand (Ab) van 607 v.G.J. Jeremia en sy sekretaris Barug se lewens is gespaar, en die Babiloniese leërowerste het Jeremia se keuse om saam met die armes van die land onder goewerneur Gedalja agter te bly, eerbiedig. Wat nou? Die tyd vir die herfsoes in die sewende maand (Etanim of Tisjri) het nader gekom. Die vasgestelde tyd vir die fees van die insameling of huttefees, wat sewe dae (15-21 Tisjri) geduur het, het dus genader. Maar, helaas! Daar was geen tempel in Jerusalem waar die fees met blydskap gevier kon word nie.—Deut. 16:13-16.
8. Het Jode wat gevlug het toe na Jerusalem teruggekom om die fees van die insameling te vier?
8 Benewens ’n afdeling besettingstroepe het die Babiloniese leer die land verlaat en baie oorlewende Jode as gevangenes saamgeneem. Joodse vlugtelinge het dus begin om vanuit buurlande na die land Juda terug te keer. Het hulle na hulle tuisland teruggekeer om gehoorsaam te wees aan hulle Wetgewer, Jehovah, deur die huttefees of die fees van die insameling te vier selfs al het Jerusalem en sy tempel nie meer bestaan nie? Die verloop van sake toon dat dit nie die geval was nie.
9. Waarom het daar ’n vraag ontstaan oor waarheen diegene wat teruggekeer het en die armes van die land van Juda sou gaan?
9 Waarheen het die wat teruggekeer het en die armes van die land gegaan? Hulle was nie verplig om die land te verlaat nie. Maar Jeremia het voorspel dat die land 70 jaar lank heeltemal verlate sou wees, sonder mens en dier. Jeremia het nogtans vir die bewoners van die land gesê om in vrede daar te bly en om nie die Babiloniërs wat weer vertrek het te vrees nie. Hulle goewerneur, Gedalja, was ’n Jood soos hulle, maar nou net ’n onderdaan van koning Nebukadnesar van Babilon. Jehovah hulle God het hulle dus nie gedwing om hulle Godgegewe land te verlaat nie, selfs al het hy Jeremia geïnspireer om te voorspel dat die land Juda 70 jaar lank heeltemal verlate sou wees.
’N SLUIPMOORDENAAR SLAAN TOE!
10. Waarom was die godsdienstoestand waarmee die “arm mense van die land” daar in die land Juda te kampe gehad het betreurenswaardig?
10 Met wat ’n betreurenswaardige godsdienstoestand het daardie “arm mense van die land” wat in die gebied van Juda gelaat is tog te kampe gehad! (Jer. 40:7). Daar was geen tempel in Jerusalem waarheen hulle kon kyk terwyl hulle tot Jehovah gebid het nie! Met die uitsondering van Jeremia was daar geen priester, geen Leviet nie! Daar was geen altaar waarop hulle offers geoffer kon word nie! Ja, en geen goue “verbondsark” bekroon met twee engelebeelde waarheen die hoëpriester die bloed van Versoendagofferandes op 10 Tisjri kon sprinkel nie. Dit het verdwyn na ’n plek wat tot vandag toe onbekend is!—Hos. 3:4.
11. Waarom het die Ammonitiese koning Baälis Ismael, die seun van Netanja, as ’n goeie pion beskou wat hy kon gebruik om van Gedalja, die Joodse goewerneur, ontslae te raak?
11 Hier het daar ’n skurk op die toneel verskyn! Dit was Ismael die seun van Netanja. Koning Baälis van die Ammoniete na wie Ismael voor die Babiloniërs uit gevlug het, het waarskynlik gemeen dat Ismael ’n goeie een is om te huur om Gedalja, wat deur koning Nebukadnesar as die provinsiale goewerneur van Juda aangestel is, om die lewe te bring. Waarom? Omdat Ismael “uit die koninklike geslag” was. Deur Elisama, sy grootvader, was Ismael dus ’n lid van die koninklike familie en was hy een van “die owerstes van die koning” (Jer. 41:1). Hierdie amptelike metgesel van afgesette koning Sedekia kon dus gebelgd gewees het oor die feit dat Gedalja goewerneur gemaak is ondanks die feit dat hy nie “uit die koninklike geslag” was nie. Ammonitiese koning Baälis, wat hom oor Jerusalem se vernietiging verheug het, het Ismael dus sy pion gemaak om van Gedalja ontslae te raak.—Ps. 83:8, 9; Jer. 40:14.
12. Hoe het Ismael sy verraderlike plan deurgevoer, en waarom was hy nietemin eindelik verplig om te vlug?
12 Ondanks die waarskuwing van Johanan, die seun van Kareag, het Gedalja Ismael en sy tien metgeselle onthaal met ’n maal in die nuwe regeringstad Mispa, etlike kilometer noord van die ruïnes van Jerusalem. Ofskoon daar ’n paar Babiloniese soldate teenwoordig was, het Ismael en sy bende al die aanwesiges by die maaltyd en in die omgewing oorval en hulle almal op verraderlike wyse vermoor (Jer. 41:2, 3). Daarna is nog meer deur Ismael en sy verraderlike bende gedood. Dit het plaasgevind in die sewende maanmaand, Tisjri, die maand waarin die huttefees gewoonlik sewe dae lank gevier is. Die inwoners van Mispa het nou hierdie magaanmatiger as sy gevangenes gevolg. Toe Johanan die seun van Kareag egter sy verskyning maak en Ismael teëstaan, het Ismael en agt van sy manne na die land Ammon, wat nog nie deur koning Nebukadnesar van Babilon verower is nie, ontsnap.—Jer. 41:10-15; 49:1-5.
13. Watter boodskap het Jehovah Jeremia geïnspireer om aan Johanan en sy volgelinge op hulle versoek te gee? Met watter reaksie?
13 Weens die dinge wat gebeur het met die voorlopige regering wat deur die Babiloniërs opgerig is, het Johanan en die volk gemeen dat hulle rede gehad het om die nuwe wêreldmoondheid, die Babiloniese Ryk, wat deur Jehovah God as sy skerpregter in die Midde-Ooste gebruik is, te vrees. Waarheen moes hulle nou gaan? Johanan en sy owerstes het Jeremia, wat Jerusalem se vernietiging akkuraat voorspel het, formeel genader. Hulle het belowe dat hulle Jehovah se boodskap deur Jeremia sou gehoorsaam, of dit hulle nou geval het of nie. Tien dae nadat hulle Jeremia geraadpleeg het, het hy Jehovah se boodskap ontvang. Hulle moes nie voor vrees swig nie, maar moes in die land bly en aan Babilon onderdanig wees. Indien hulle troueloos suid na Egipte trek, sou hulle daar deur die seëvierende swaard van die koning van Babilon en deur hongersnood en deur die pes ingehaal word. Met die uitsondering van ’n klein oorblyfsel sou hulle in die gedoemde land Egipte omkom. Hulle sou nie ná die omverwerping van die Babiloniese Ryk in vrede na die provinsie Judea terugkeer nie. Het Johanan en sy volgelinge op hierdie goddelike boodskap ag geslaan? Nee! Hulle het dit as ’n leuen bestempel. Hulle het Jeremia ’n leuenaar genoem.—Jer. 42:1-43:3.
14. Wie het nie hulle woord gehou nie, en waarom is die fees van die insameling nie in 607 v.G.J. gevier nie?
14 Wie was egter die leuenaar? Dit was iedereen van hulle, want hulle het plegtig belowe om gehoorsaam te wees aan die boodskap wat Jeremia aan hulle sou oordra, selfs al het dit hulle nie geval nie. Hulle was reeds suidwaarts op pad na Egipte, en nou was hulle vasbeslote om voort te gaan totdat hulle die land van die Nyl bereik het. Hulle wou hulle nie onderwerp aan oorheersing deur die Derde Wêreldmoondheid, Babilon, nie. Egipte was voorheen hulle bondgenoot teen die uitbreidende Babiloniese wêreldmoondheid. Noudat die land Juda onder Babilon se oorheersing gekom het, was hulle vasbeslote dat niemand in die land sou agterbly om aan Babilon onderdanig te wees nie. Die voorstanders van onderdanigheid aan Babilon, naamlik Jeremia en sy sekretaris Barug, moes nie in die land agterbly nie. Hulle het dus hierdie knegte van Jehovah met hulle saamgesleep. Sonder dat dit hulle doel was om dit juis op daardie tyd te doen, het daardie opstandelinge teen Jehovah se wil die land verlaat, net soos hy voorspel het, omstreeks die tyd toe die land Juda die fees van die insameling of huttefees op 15-21 Tisjri 607 v.G.J. met blydskap moes vier. Die land is aldus verlate gelaat sonder mens en dier.—Jer. 43:4-7.
15. Waarom hou daardie gebeure van Jeremia se dag verband met die aangeleenthede van ons eie dag en is dit vir ons van belang?
15 Die wil van die almagtige God kan nooit met welslae teëgegaan word nie. Sy profesieë kan nooit verkeerd wees nie. Toe die weerspannige Jode die land Juda verlaat het, het die voorspelde 70 jaar van verlatenheid waartydens die land sonder inwonende Israeliet en dier sou wees, begin. Dit was ook die begin van die simboliese “sewe tydperke”, wat altesaam 2 520 jaar lank sou wees en waaroor Jehovah koning Nebukadnesar laat droom en die profeet Daniel ’n uitlegging laat gee het (Dan. 4:13-27; Luk. 21:24). Dit was dus nie toevallig dat die Eerste Wêreldoorlog in ’n vreedsame wêreld uitgebreek het om die einde van daardie “sewe tydperke” in die maanmaand Tisjri in 1914 G.J. aan te dui nie. Die gebeure van Jeremia se dag hou dus voorwaar met ons tyd verband. Die betekenis van daardie gebeure is nou vir ons van die grootste belang!
16. Waarom was die trek van daardie ongelowige Jode na Egipte nie die regte weg nie, en waarna laat die handelwyse van daardie Jode ons uitsien?
16 Het die Jode wat na Egipte gevlug het nadat die godsdiens wat deur die Wetsoortredende Jode van Jerusalem georganiseer is in 607 v.G.J. vernietig is, ontkom aan dit wat hulle so verafsku het? Het hulle die beste weg, die regte weg, gekies? Nouliks, want hulle het ’n afgryslike voorbeeld geword van wat met godsdienstige mense gebeur wat weier om Jehovah se Woord te gehoorsaam. Alhoewel Jeremia gedwing is om in Egipte te woon, het hy nie daar opgehou om te profeteer nie. Jehovah se gees het Jeremia steeds laat profeteer vir die ongelowige Joodse vlugtelinge en teen die land waar hulle verkies het om te gaan woon. Sy geïnspireerde geskrifte bestaan tot hierdie kritieke tyd toe voort. Hulle dien as ’n waarskuwing vir die hedendaagse teenbeeld van daardie opstandige Jode van Jeremia se dag. Wat kan ons in die lig hiervan in die nabye toekoms verwag?
17. Wat kan ons nie verwag dat die oorlewende ooggetuies van die valse Christendom se vernietiging sal doen nie, en waarom nie?
17 Ons kan die vernietiging van die invloedrykste deel van Georganiseerde Godsdiens, naamlik die valse Christendom met sy warboel godsdienssektes en -denominasies, verwag. Dit sal op Jehovah se onveranderlike tyd gebeur. Die vraag is dus: Watter weg sal die getuies van daardie verstommende gebeurtenis inslaan wanneer dit wel gebeur? Volgens die voorbeeld wat in 607 v.G.J. gestel is deur Ismael en Johanan en hulle volgelinge wat geweier het om op Jehovah se raad ag te slaan, kan ons nie verwag dat ’n ontelbare groot menigte van sulke ooggetuies hulle sal wend tot die ware Christelike godsdiens wat deur die hedendaagse Jeremia-klas en hulle lojale metgeselle beoefen word nie. Die ware Christelike godsdiens neem die aanbidding van Jeremia se God, Jehovah, die hemelse Vader van Jesus Christus, in aanmerking. Hy het van die aanbidding van Jehovah gepraat toe hy vir die vrou by die put in Samaria gesê het: “Daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”—Joh. 4:23, 24.
18. Van wie was Jesus Christus ’n getuie toe hy op aarde was, en wie moet nou net soos hy getuies wees?
18 Selfs ’n Christen kan nie die aanbidding van Jehovah as God opsystoot nie. In Openbaring 1:5 het die Seun van God homself “Jesus Christus, die getroue getuie” genoem. Toe hy ’n mens op aarde was, was hy ’n Jood, ’n Israeliet, aan wie se nasie die woorde in Jesaja 43:10 gerig is: “JúIle is my getuies, spreek [Jehovah], en my kneg wat Ek uitverkies het.” Jesus het getoon dat hy ’n getroue en ware getuie van Jehovah God is. Sy ware dissipels moet vandag dieselfde soort getuies, Jehovah s’n, wees.
19. Sal oorlewende ooggetuies ná die valse Christendom se ondergang na Jehovah se Getuies stroom, en watter hoop bied ander godsdiensstelsels aan oorlewendes?
19 Ons kan na geen profetiese Bybeltekste verwys om te toon dat tallose gewese aanhangers van die valse Christendom hulle sal bekeer en hulle aan die kant van daardie vervolgde Christene wat as Jehovah se Getuies bekend staan, sal skaar nadat die hedendaagse teenbeeld van eertydse Jerusalem in die komende “groot verdrukking” ondergegaan het nie. Baie mense sal kerm oor die voordele wat hulle verloor het weens die vurige vernietiging van die materialistiese valse Christendom, net soos daardie handelaars wat volgens Openbaring, hoofstuk 18, oor die verbranding van Babilon die Grote ween. Hulle het die selfverrykende handel met haar verloor. Party godsdienstige persone sal dalk stroom na enige nie-Christelike gelowe wat die valse Christendom ’n kort rukkie oorleef. Hulle sal bloot oorgaan na ’n ander godsdiensstelsel wat gedoem is, want hulle behoort almal aan Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens. Al haar dele is vir vernietiging bestem!
20. Hoe kan ons weet waarheen die oorlewendes van Babilon die Grote se vernietiging sal gaan?
20 Waarheen sal oorlewendes van die vernietiging van Babilon die Grote dan gaan? Wat toon die geïnspireerde profetiese Skrifte? Sal hulle, kan hulle, hulself skaar aan die kant van diegene wat deur Jeremia en sy sekretaris Barug afgebeeld is? Die profetiese gebeure gedurende die laaste dae van daardie aanbidders van Jehovah verstrek die antwoord.
[Prent op bladsy 17]
Ons moet nie soos die wetsoortredende Jode van Jeremia se dag wees nie