Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/1 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Bet-el—’n stad van goed en sleg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soek Jehovah, die Een wat harte ondersoek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/1 bl. 30

Vrae van lesers

• Wat was die “loon” wat die apostel Paulus ontvang het omdat hy die “evangelie” vrywillig verkondig het?

Die apostel het gesê: “As ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ’n rentmeesterskap aan my toevertrou” (1 Kor. 9:17). ’n Ondersoek van die verband toon wat Paulus in gedagte gehad het.

Dwarsdeur hoofstuk 9 van Eerste Korinthiërs het die apostel dit beklemtoon dat hy nie gebruik gemaak het van sy reg om nie sekulêre werk te doen en ‘van die evangelie te lewe’ nie (V. 14). Deur gebruik te maak van lewensfeite, die Mosaïese wet en wat Jesus Christus self gesê het, het die apostel verduidelik dat dit gepas is om materiële steun te ontvang vir die werk om die “evangelie” te bevorder.

Aangesien Paulus uit eie wil van hierdie reg afstand gedoen het en verkies het om homself materieel te onderhou, was sy loon die vreugde en tevredenheid wat hy gesmaak het omdat hy hierdie weg bewandel het. Hy kon met ’n skoon gewete wys op sy voorbeeld van onselfsugtigheid terwyl hy die geestelike belange van ander gedien het. Niemand kon hom daarvan beskuldig dat hy vir homself deur die “evangelie” materiële gewin verkry nie. Hy het nie misbruik gemaak van sy gesag as een aan wie ’n heilige opdrag, ’n rentmeesterskap, toevertrou is nie. Dit is waarom hy kon sê: “Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.”—1 Kor. 9:18.

• Wat word in Amos 5:5 bedoel waar dit sê: “Soek Bet-el nie”?

Die Israeliete van die noordelike koninkryk het valse aanbidding baie ywerig beoefen. Dit blyk uit die woorde wat deur die profeet Amos tot hulle gerig is: “Kom na Bet-el, en sondig! Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre en julle tiendes al om die derde dag. En laat van wat gesuurd is, ’n lofoffer rook, en roep vrywillig offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.“—Amos 4:4, 5.

Bet-el was ’n sentrum van valse aanbidding. Dit was daar dat Jerobeam, die eerste koning van die noordelike koninkryk, ’n goue kalf opgerig het (1 Kon. 12:28-30). Gilgal moes ook ’n plek vir afvallige aanbidding geword het. Die offerandes wat Israel by Bet-el en Gilgal geoffer het, was dus in werklikheid ’n sonde teen Jehovah.

Dit is opmerklik dat die Israeliete in hulle afgodiense aanbidding ook ander gebruike aangeneem het wat deur die Wet verbied is. Die Wet het bepaal: “Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie” (Lev. 2:11). Afvallige Israeliete het nietemin dinge wat gesuurd was as ’n “lofoffer” gebring. Die hele gees agter vrywillige offers was boonop dat dit nie wyd en syd verkondig moes word nie. Afgodsaanbiddende Israeliete het dit egter bekend gemaak. Hulle was lief vir valse aanbidding, maar Jehovah het dit gehaat.

Deur op hulle ontroue weg voort te gaan, kon die Israeliete derhalwe nie die voltrekking van Jehovah se oordele vryspring nie. Slegs deur valse aanbidding die rug toe te keer en hulle berouvol tot Jehovah te wend, kon hulle hoop om te ontvlug. Dit is waarom die profeet Amos geïnspireer is om te sê: “So sê die HERE van die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe! Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berseba [dit wil sê, na hierdie ingeslote stad van Simeon] nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie. Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef [die tienstammeryk, waarvan die afstammelinge van Josef se seuns Efraim en Manasse die grootste deel gevorm het] uitbreek soos ’n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.”—Amos 5:4-6; Jos. 19:1, 2.

Dit was nie deur bedevaarte na Bet-el, Gilgal en Berseba, almal stede van die noordelike koninkryk van Israel, te onderneem dat die Israeliete kon hoop om ’n ramp vry te spring nie. Indien hulle by hierdie plekke na goddelike guns gesoek het, sou hulle hulle slegs God se toorn op die hals haal. Bet-el, Gilgal en Berseba, tesame met hulle heiligdomme, sou tot niks word nie. Israel se enigste hoop was om ‘Jehovah te soek’, om met hulle hele hart na hom terug te keer.

Dit maak vandag eweneens nie saak hoe ywerig mense godsdiensgebruike beoefen nie; indien dit in stryd met die waarheid van God se Woord is, is dit nutteloos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel