Wat was “’n albaste fles”?
By twee geleenthede is Jesus Christus met welriekende olie gesalf. Dit het een keer in die huis van ’n sekere Fariseër in Galilea gebeur (Luk. 7:37, 38) en weer in die huis van Simon, die melaatse, in Betanië (Matt. 26:6, 7; Mark. 14:3). In albei gevalle is die kosbare olie uit ’n albaste fles gegooi.
Sulke klein flesagtige parfuumhouers is oorspronklik gemaak van ’n klip wat naby Alabastron, Egipte, gevind is. Die klip self is ’n vorm van kalsiumkarbonaat (en moenie verwar word met hedendaagse gipsalbaster, ’n gebluste kalsiumsulfaat, nie). Die oorspronklike albaste is gewoonlik wit, maar soms bevat dit strepe van ander kleure, aangesien dit ’n stalagmietformasie is.
Hier is ’n prent van ’n ou Hellenistiese albaste fles uit Egipte. Die vroue wat Jesus gesalf het in die gevalle wat so pas gemeld is, het elk “’n albaste fles” met duur welriekende olie gehad. Daardie flesse kon maklik gelyk het soos hierdie een met die inskripsie “kaneel”.