Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/1 bl. 29
  • Wat was “’n albaste fles”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat was “’n albaste fles”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/1 bl. 29

Wat was “’n albaste fles”?

By twee geleenthede is Jesus Christus met welriekende olie gesalf. Dit het een keer in die huis van ’n sekere Fariseër in Galilea gebeur (Luk. 7:37, 38) en weer in die huis van Simon, die melaatse, in Betanië (Matt. 26:6, 7; Mark. 14:3). In albei gevalle is die kosbare olie uit ’n albaste fles gegooi.

Sulke klein flesagtige parfuumhouers is oorspronklik gemaak van ’n klip wat naby Alabastron, Egipte, gevind is. Die klip self is ’n vorm van kalsiumkarbonaat (en moenie verwar word met hedendaagse gipsalbaster, ’n gebluste kalsiumsulfaat, nie). Die oorspronklike albaste is gewoonlik wit, maar soms bevat dit strepe van ander kleure, aangesien dit ’n stalagmietformasie is.

Hier is ’n prent van ’n ou Hellenistiese albaste fles uit Egipte. Die vroue wat Jesus gesalf het in die gevalle wat so pas gemeld is, het elk “’n albaste fles” met duur welriekende olie gehad. Daardie flesse kon maklik gelyk het soos hierdie een met die inskripsie “kaneel”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel