“Groot is Jehovah, die Heer!”
Franz Schubert het die musiek gekomponeer vir hierdie liriese gedig met die titel “Die Almag”, wat geskryf is deur Johann Ladislav Pyrker (Opus 79/2. DV 852, 1825):
Groot is Jehovah, die Heer! Want die hemel
en aarde verkondig sy mag.
Jy hoor dit in die tierende storm,
in die luide bruisgeroep van die woudstroom;
jy hoor dit in die geruis van die groen woud,
jy sien dit in die wuiwende, goue are,
in die bloeiende blos van lieflike blomme,
in die glans van die sterbesaaide hemel,
vreeslik klink dit in die donderweer
en vlam in die snelle flikkervlug van die weerlig.
Tog deel die kloppende hart jou nog duideliker mee
die mag van Jehovah, die ewige God,
terwyl jy biddend omhoog kyk en hoop op guns
en genade.