Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 40 bl. 180-183
  • Hy het die muur herbou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het die muur herbou
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Bybelboek nommer 16—Nehemia
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • “Hou aan om die kwaad met die goeie te oorwin”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Glanspunte uit die boek Nehemia
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die mure van Jerusalem
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 40 bl. 180-183

40 NEHEMIA

Hy het die muur herbou

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

NEHEMIA het in die Persiese stad Susan gebly, maar sy hart was in Jerusalem. Hy was lief vir daardie stad, want Jehovah se tempel was daar. God se mense was toegelaat om terug te gaan nadat hulle lank in gevangenskap was, maar ware aanbidding het nog steeds nie floreer nie. Die stad se mure was afgebreek. In daardie dae het ’n stad sonder mure geen beskerming gebied teen aanvallers nie, en daarom wou min mense daar bly.

Nehemia het ’n belangrike posisie onder die Persiese koning Artasasta gehad. Maar nog belangriker, hy was ’n lojale kneg van Jehovah. Eendag het Nehemia se broer kom kuier en gesê dat dit “baie sleg” in Jerusalem gaan. Nie net was die mure nog afgebreek nie, maar die mense was ook baie mismoedig.

Nehemia was baie ontsteld. Hy het later geskryf: “Ek [het] dadelik gaan sit en begin huil en dae lank getreur.” Hy het tot Jehovah gebid en hom gesmeek om Sy mense te onthou en te help. Daarna terwyl Nehemia vir Artasasta wyn geskink het, het die koning vir hom gevra hoekom hy so hartseer lyk. Nehemia was bang, maar hy het die koning geantwoord. Hy het vir die koning gesê dat Jerusalem in ’n slegte toestand is. Artasasta het hom gevra wat hy wou hê. Nehemia het geskryf: “Ek het dadelik tot die God van die hemel gebid.” Toe het hy vir die magtige heerser gesê dat hy vir ’n tydjie na Jerusalem wou gaan en wou help om die mure en poorte te herbou. Die koning het hom toegelaat om alles te doen wat hy gevra het!

Nehemia het die lang en gevaarlike reis na Jerusalem aangepak. ’n Paar dae nadat hy daar aangekom het, het hy in die geheim in die nag die stad se mure ondersoek. Toe het hy die mense georganiseer en hulle aangemoedig om te help met die herstelwerk. Hy het die voorbeeld gestel deur self hard te werk. Die meeste van die Jode was bereid om te help met die werk, insluitende leiers en ander belangrike en ryk manne. En selfs die dogters van een van die leiers het saam met hulle pa gewerk om die mure te herbou.

Die Jode het baie vyande gehad wat nie wou hê dat Jerusalem ’n veilige en magtige stad moet word nie. Hulle het eers die Jode beledig en gespot. Een teenstander het gesê dat selfs ’n jakkals die muur kan laat omval wat Nehemia en sy mense bou. Nehemia het hulle geïgnoreer en aangehou om die werkers aan te moedig.

Alhoewel sy vyande hom gespot, gedreig en probeer bangmaak het, het hy die mure van Jerusalem herbou

Die teenstand het net erger geword. Toe hulle sien dat die Jode die muur amper halfpad gebou het, het hulle gedreig om die stad van alle kante aan te val! Nehemia het praktiese stappe geneem om die stad te beskerm. Toe die vyand dit sien, het hulle besluit om nie meer die stad direk aan te val nie. Van toe af het Nehemia en helfte van die manne wag gestaan met hulle wapens in hulle hande, terwyl die ander helfte aangehou het om aan die muur te werk. Maar die vyande het nie opgegee nie.

Nehemia en sy assistent hou toesig oor die bouwerk van Jerusalem se mure. Hulle kyk na manne en vroue wat hard werk om boumateriaal bymekaar te maak en voor te berei. Hulle kyk ook na manne wat op ’n boustellasie langs die muur staan en werk.

Die volgende plan was om Nehemia met die dood te dreig sodat hy in Jehovah se heilige tempel sou wegkruip en God se wet sou breek. Nehemia het geweier. Hy het gesê: “Moet ’n man soos ek vlug?” Hy het aanhou werk, want hy het geweet dat die Jode Jehovah se wil doen en Sy ondersteuning het. En Jehovah het hulle ondersteun! In net 52 dae was die muur heeltemal herbou, daardie spotters en teenstanders was verneder.

Nehemia het ook moed nodig gehad om die leiding te neem en sy mense te help om Jehovah op die regte manier te dien. Byvoorbeeld, toe die rykes die armes onderdruk het deur aan hulle te leen en hoë rente te vra, het Nehemia hulle sonder vrees reggehelp. Later toe hy uitvind dat party ongehoorsaam is aan Jehovah deur met uitlandse vrouens te trou, het hy hulle moedig raad gegee en vir hulle gesê dat dit teen God se wet is.

Op een stadium toe die mense mismoedig was as gevolg van hulle eie foute en sondes, het Nehemia hulle ’n wonderlike waarheid geleer. Hy het gesê: “Die vreugde van Jehovah is julle vesting.” Nehemia het geweet dat die mense ware vreugde sou hê as hulle die gelukkige God dien. En daardie vreugde sou hulle krag gee. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, sal die vreugde wat Jehovah ons gee, ’n bron van krag en moed vir ons wees.

Lees die Bybelverslag:

  • Nehemia 1:1–6:19; 8:​1-18; 13:​23-31

Om te bespreek:

Hoe het Nehemia gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wat het Nehemia se werk as ’n skinker vir die koning behels? (w10 7/1 9 ¶5-7) A

    National Museum of Iran, Tehran, Iran/Bridgeman Images

    Prent A: ’n Eertydse gravering uit Persië wat Darius die Grote, Artasasta se oupa, en sy skinker wys

  2. 2. Hoe was die dogters van Sallum anders as die belangrike manne van die Tekoïete? (Neh. 3:​5, 12; w19.10 23 ¶11)

  3. 3. Hoe kon dié wat die vragte gedra het “die werk met een hand gedoen [het] terwyl hulle ’n wapen met die ander hand vasgehou het”? (Neh. 4:​17, 18; w06 2/1 9 ¶1) B

    ’n Bouer hou ’n mandjie op sy skouer met een hand vas terwyl hy sy swaard wat aan sy heup vasgemaak is met sy ander hand vashou.

    Prent B

  4. 4. Hoekom was Nehemia bekommerd dat party van die Jode se kinders nie Hebreeus kon praat nie? (Neh. 13:​23-27; w16.10 14 ¶4)

Dink aan die lesse

  • Wat kan ouermanne leer by Nehemia se . . .

    • vertroue op Jehovah? (Neh. 1:​4-11; 4:14; 13:​1-3)

    • gretigheid om saam met sy broers te werk? (Neh. 4:​15, 21-23)

    • bereidwilligheid om te luister? (Neh. 5:​1-7) C

      ’n Ouerman luister met empatie terwyl twee susters by die Koninkryksaal met hom oor iets praat wat hulle pla.

      Prent C

  • Hoe wys Nehemia se voorbeeld dat Jehovah ons altyd sal beloon as ons ’n gemaklike lewe agterlaat om meer in sy dien te doen?

  • Op watter ander maniere kan jy Nehemia se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Nehemia graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Wat kan ons by Nehemia leer oor die krag van gebed?

“God het sy gebed verhoor” (“Bybelstudie-aktiwiteite” op jw.org)

In hierdie video, kyk hoe Nehemia moedig was toe teenstanders hom aanhoudend probeer keer het.

Nehemia: “Die vreugde van Jehovah is julle vesting” – Deel I – Uittreksel (5:22)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel