Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 69 bl. 164-bl. 165 par. 2
  • Gabriël besoek Maria

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gabriël besoek Maria
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Engel kom na Maria toe
    My boek met Bybelverhale
  • Vereer voordat hy gebore is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Vereer voordat hy gebore is
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus word voor sy geboorte vereer
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 69 bl. 164-bl. 165 par. 2
Die engel Gabriël verskyn aan Maria

LES 69

Gabriël besoek Maria

’n Engel verskyn aan Josef in ’n droom

Elisabet het ’n jong familielid met die naam Maria gehad, wat in die stad Nasaret in Galilea gebly het. Maria was verloof aan ’n timmerman met die naam Josef. Toe Elisabet ses maande swanger was, het die engel Gabriël aan Maria verskyn. Hy het gesê: ‘Goeiedag, Maria. Jehovah wil aan jou ’n groot voorreg gee.’ Sy het nie verstaan wat Gabriël bedoel nie. Hy het toe vir haar gesê: ‘Jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Jesus noem. Hy sal Koning wees en sy Koninkryk sal vir ewig bestaan.’

Maria het gesê: ‘Maar ek is ’n maagd. Hoe kan ek ’n kind hê?’ Gabriël het gesê: ‘Daar is niks wat Jehovah nie kan doen nie. Heilige gees sal oor jou kom, en jy sal ’n seun hê. Jou familielid Elisabet het ook swanger geword.’ Toe het Maria gesê: ‘Ek is Jehovah se slavin. Mag dit met my gebeur net soos u gesê het.’

Josef neem die swanger Maria as sy vrou

Maria het vir Elisabet, wat in ’n stad in die berge gebly het, gaan kuier. Toe Maria haar groet, het Elisabet gevoel hoe die baba in haar spring. Heilige gees het oor haar gekom, en sy het gesê: ‘Maria, Jehovah het jou geseën. Dit is ’n voorreg om die ma van my Here in my huis te hê.’ Maria het gesê: ‘Ek loof Jehovah met my hele hart.’ Maria het drie maande lank by Elisabet gebly, en toe het sy huis toe gegaan, na Nasaret toe.

Toe Josef uitvind dat Maria swanger is, wou hy die verlowing verbreek. Maar ’n engel het in ’n droom aan hom verskyn en vir hom gesê: ‘Moenie bang wees om met haar te trou nie. Sy het niks verkeerds gedoen nie.’ Josef het Maria toe as sy vrou geneem en haar na sy huis toe gebring.

“Jehovah doen alles wat hy wil doen, in die hemel en op die aarde.” – Psalm 135:6

Vrae: Wat het Gabriël vir Maria oor haar seun vertel? Hoe het Elisabet en Maria gevoel oor wat met hulle gebeur het?

Matteus 1:18-25; Lukas 1:26-56; Jesaja 7:14; 9:7; Daniël 2:44; Galasiërs 4:4

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel