Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 64 bl. 152-bl. 153 par. 4
  • Daniël in die leeukuil

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Daniël in die leeukuil
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Daniël in die leeukuil
    My boek met Bybelverhale
  • Uit die bek van leeus gered!
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Daniël het God met standvastigheid gedien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Darius—’n Koning met ’n sin vir geregtigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 64 bl. 152-bl. 153 par. 4
Jaloerse manne betrap Daniël waar hy voor ’n oop venster bid

LES 64

Daniël in die leeukuil

’n Ander koning van Babilon was Darius die Meder. Darius het gesien dat Daniël spesiaal is. Hy het Daniël aangestel oor die belangrikste manne in die land. Hierdie manne was jaloers op Daniël en wou van hom ontslae raak. Hulle het geweet dat Daniël drie keer elke dag tot Jehovah gebid het. Hulle het toe vir Darius gesê: ‘O koning, daar behoort ’n wet te wees wat sê dat almal net tot u moet bid. Enigiemand wat ongehoorsaam is aan hierdie wet, moet in die leeukuil gegooi word.’ Darius het van hierdie idee gehou en hy het die wet onderteken.

Toe Daniël van hierdie nuwe wet uitvind, het hy dadelik na sy huis toe gegaan. Hy het voor ’n oop venster op sy knieë gegaan en tot Jehovah gebid. Die jaloerse manne het by sy huis ingestorm en hom betrap waar hy besig was om te bid. Hulle het na Darius toe gehardloop en gesê: ‘Daniël is ongehoorsaam aan u. Hy bid drie keer elke dag tot sy God.’ Darius het van Daniël gehou en wou nie hê dat hy moes doodgaan nie. Hy het die hele dag lank probeer dink aan ’n manier om Daniël te red. Maar selfs die koning kon nie ’n wet verander as hy dit klaar onderteken het nie. Hy moes vir sy manne sê om Daniël in die kuil vol gevaarlike leeus te gooi.

Daardie nag was Darius so bekommerd oor Daniël dat hy nie kon slaap nie. Die volgende oggend het hy na die kuil toe gehardloop en na Daniël geroep: ‘Het jou God jou gered?’

Darius het ’n stem gehoor. Dit was Daniël! Hy het na Darius geroep: ‘Jehovah se engel het die leeus se bekke toegemaak. Hulle het my glad nie seergemaak nie.’ Darius was baie bly! Hy het beveel dat Daniël uit die kuil gehaal moet word. Daar was nie eens ’n skrapie aan Daniël nie. Toe het die koning beveel: ‘Vat die manne wat vir Daniël beskuldig het, en gooi hulle in die kuil.’ Toe hierdie manne in die kuil gegooi is, het die leeus hulle heeltemal opgevreet.

Darius het toe die volgende bevel aan sy volk gegee: ‘Almal moet Daniël se God vrees. Hy het Daniël van die leeus gered.’

Bid jy elke dag tot Jehovah, net soos Daniël?

Daniël in die leeukuil

“Jehovah weet . . . hoe om mense wat hom met toegewydheid dien, uit moeilike omstandighede te red.” – 2 Petrus 2:9

Vrae: Wat het Daniël elke dag drie keer gedoen? Hoe het Jehovah Daniël gered?

Daniël 6:1-28

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel