Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 43 bl. 104
  • Koning Dawid se sonde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Koning Dawid se sonde
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Moeilikheid in Dawid se huis
    My boek met Bybelverhale
  • Vertrou op God se gees om veranderinge in die lewe te hanteer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Hy moes die koning raad gee
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Waarom mense slegte dinge doen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 43 bl. 104
Die profeet Natan gee koning Dawid raad

LES 43

Koning Dawid se sonde

Nadat Saul dood is, het Dawid koning geword. Hy was 30 jaar oud. Toe hy al ’n paar jaar koning was, het hy een aand van die dak van sy paleis af ’n mooi vrou gesien. Dawid het uitgevind dat haar naam Batseba is en dat sy getroud is met ’n soldaat met die naam Uria. Dawid het Batseba na sy paleis toe laat kom. Hulle het seks gehad, en sy het swanger geword. Dawid het probeer om dit geheim te hou. Hy het vir sy generaal gesê om Uria heel voor in die geveg te sit en dan terug te staan sodat hy alleen moet veg. Nadat Uria in die geveg doodgemaak is, het Dawid met Batseba getrou.

Koning Dawid bid dat Jehovah hom moet vergewe

Maar Jehovah het al die slegte dinge gesien wat gebeur het. Wat sou hy doen? Jehovah het sy profeet Natan na Dawid toe gestuur. Natan het gesê: ‘Daar was ’n ryk man wat baie skape gehad het, en ’n arm man wat net een lammetjie gehad het waarvoor hy baie lief was. Die ryk man het die arm man se enigste lammetjie gevat.’ Dawid was kwaad en het gesê: ‘Daardie ryk man moet doodgemaak word!’ Natan het toe vir Dawid gesê: ‘Jy is daardie ryk man!’ Dawid was baie hartseer en het erken: ‘Ek het teen Jehovah gesondig.’ Hierdie sonde het baie probleme vir Dawid en sy familie veroorsaak. Jehovah het Dawid gestraf, maar hy het hom nie doodgemaak nie omdat hy eerlik en nederig was.

Dawid wou ’n tempel vir Jehovah bou, maar Jehovah het Dawid se seun Salomo gekies om die tempel te bou. Dawid het dinge begin regkry vir Salomo en gesê: ‘Jehovah se tempel moet baie groot en pragtig wees. Salomo is nog jonk, maar ek wil hom help deur dinge solank reg te kry.’ Dawid het baie van sy eie geld vir die bouwerk van die tempel gegee. Hy het mense gekry wat die werk baie goed kon doen. Hy het goud en silwer bymekaargemaak, en hy het ook sederhout van Tirus en Sidon af laat kom. Toe Dawid baie oud was, het hy die tempel se bouplanne vir Salomo gegee. Hy het gesê: ‘Jehovah wou hê dat ek hierdie dinge vir jou moet neerskryf. Jehovah sal jou help. Moenie bang wees nie. Wees sterk en begin met die werk.’

Dawid bespreek planne vir die tempel met die jong Salomo

“Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie, maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.” – Spreuke 28:13

Vrae: Wat was Dawid se sonde? Wat het Dawid gedoen om sy seun Salomo te help?

2 Samuel 5:3, 4, 10; 7:1-16; 8:1-14; 11:1–12:14; 1 Kronieke 22:1-19; 28:11-21; Psalm 51:1-19

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel