Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 35 bl. 86-bl. 87 par. 1
  • Hanna vra Jehovah vir ’n seun

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hanna vra Jehovah vir ’n seun
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Sy het haar hart in gebed voor God uitgestort
    Volg hulle geloof na
  • Sy het haar hart in gebed voor God uitgestort
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hoe Hanna vrede gevind het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Volg Hanna en haar seun na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 35 bl. 86-bl. 87 par. 1
Hanna bring klein Samuel na Eli toe by die tabernakel

LES 35

Hanna vra Jehovah vir ’n seun

’n Israelitiese man met die naam Elkana het twee vrouens, Hanna en Peninna, gehad. Maar Elkana was die liefste vir Hanna. Peninna het baie kinders gehad, en Hanna het glad nie kinders gehad nie. Peninna het haar die hele tyd hieroor geterg. Elkana het sy gesin elke jaar geneem om by die tabernakel in Silo te gaan aanbid. Terwyl hulle eenkeer daar was, het hy gesien dat sy geliefde Hanna baie hartseer is. Hy het gesê: ‘Moet asseblief nie huil nie, Hanna. Ek is hier by jou en ek is lief vir jou.’

Later het Hanna alleen gaan bid. Sy kon nie ophou huil nie en het Jehovah gesmeek om haar te help. Sy het belowe: ‘Jehovah, as u my ’n seun gee, sal ek hom aan u gee, en hy sal u dien so lank as wat hy lewe.’

Die hoëpriester Eli sien hoe Hanna huil terwyl sy bid

Die hoëpriester Eli het gesien hoe Hanna huil en hy het gedink dat sy dronk is. Hanna het gesê: ‘Nee, my heer, ek is nie dronk nie. Ek het ’n ernstige probleem en ek is besig om met Jehovah daaroor te praat.’ Eli het besef dat hy ’n fout gemaak het en het vir haar gesê: ‘Mag God jou gee wat jy gevra het.’ Hanna het beter gevoel en weggegaan. Minder as ’n jaar later het sy ’n seun gehad en sy het hom Samuel genoem. Kan jy jou voorstel hoe bly Hanna was?

Hanna het nie haar belofte aan Jehovah vergeet nie. Toe Samuel nog ’n klein seuntjie was, het sy hom geneem om by die tabernakel te gaan dien. Sy het vir Eli gesê: ‘Dit is die seuntjie waarvoor ek gebid het. Ek leen hom aan Jehovah so lank as wat hy lewe.’ Elke jaar wanneer Elkana en Hanna vir Samuel kom kuier het, het hulle vir hom ’n nuwe moulose jassie gebring. Jehovah het Hanna nog drie seuns en twee dogters gegee.

“Hou aan vra, en daar sal vir julle gegee word. Hou aan soek, en julle sal vind.” – Matteus 7:7

Vrae: Hoekom was Hanna hartseer? Hoe het Jehovah Hanna geseën?

1 Samuel 1:1–2:11, 18-21

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel