Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bhs bl. 3-7
  • Wat het God in gedagte vir ons?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat het God in gedagte vir ons?
  • Wat kan die Bybel ons leer?
  • Lees in Leer Bybel
  • Onderhofies
  • DIE BYBEL LEER DAT GOD WONDERLIKE DINGE OP DIE AARDE SAL DOEN.
  • DIE BYBEL KAN JOU HELP
Wat kan die Bybel ons leer?
bhs bl. 3-7

Wat het God in gedagte vir ons?

WANNEER jy die koerant lees, televisie kyk of na die radio luister, sien en hoor jy baie berigte oor misdaad, oorlog en terrorisme. En dan het jy ook nog jou eie probleme. Miskien is jy siek of dalk het iemand vir wie jy lief was, gesterf.

’n Gesin luister na die nuus oor die radio

Vra jou af:

  • Is dit wat God vir my en my gesin wil hê?

  • Waar kan ek hulp kry om my probleme te hanteer?

  • Sal daar ooit ware vrede wees?

Die Bybel gee betroubare antwoorde op hierdie vrae.

DIE BYBEL LEER DAT GOD WONDERLIKE DINGE OP DIE AARDE SAL DOEN.

  • Mense sal nie meer pyn hê, oud word of doodgaan nie. – Openbaring 21:4

  • ‘Die kreupele sal soos ’n takbok spring.’ – Jesaja 35:6

  • ‘Die oë van die blindes sal kan sien.’ – Jesaja 35:5

  • Die dooies sal lewend gemaak word. – Johannes 5:28, 29

  • Niemand sal siek word nie. – Jesaja 33:24

  • Almal op die aarde sal genoeg hê om te eet. – Psalm 72:16

    Die bejaardes word jonk, die kreupeles hardloop, die dooies word opgewek, die siekes en blindes word genees

DIE BYBEL KAN JOU HELP

Een van Jehovah se Getuies studeer die Bybel met ’n man

’n Mens kan maklik dink dat wat jy op die eerste paar bladsye van hierdie boek gelees het, net ’n droom is. Maar God het belowe dat hy hierdie veranderinge binnekort op die aarde sal maak, en die Bybel verduidelik hoe hy dit sal doen.

Maar dit is nie al nie. Die Bybel kan jou help om nou al gelukkig te wees en die lewe te geniet. Dink vir ’n oomblik aan die dinge wat jou bekommer. Dit sluit dalk geldsake, gesinsprobleme, swak gesondheid of die dood van ’n geliefde in. Die Bybel kan jou help om hierdie probleme te hanteer, en dit kan jou vertroos deur vrae te beantwoord soos:

  • Waarom ly ons?

  • Hoe kan ons ons probleme hanteer?

  • Kan ons gesin gelukkig wees?

  • Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?

  • Sal ons ons geliefdes wat gesterf het, ooit weer sien?

  • Waarom kan ons seker wees dat God alles sal doen wat hy belowe het?

Die feit dat jy hierdie boek lees, wys dat jy wil weet wat die Bybel leer. Hierdie boek sal jou help. Onderaan die bladsye is daar vrae vir die paragrawe, en dit sal jou help om die Bybel beter te verstaan. Miljoene mense geniet dit om die Bybel met Jehovah se Getuies te bespreek. Ons hoop jy sal ook. Mag God jou seën terwyl jy uitvind wat die Bybel jou kan leer!

LEER KEN JOU BYBEL

DIE Bybel bevat 66 boeke en briewe. Elkeen is in hoofstukke en verse verdeel. Dit maak dit maklik om ’n vers te vind. Wanneer ’n Bybelteks in hierdie publikasie aangegee word, verwys die eerste nommer ná die naam van die Bybelboek na die hoofstuk en die volgende nommer na die vers. Byvoorbeeld, as jy “2 Timoteus 3:16” sien, beteken dit die tweede brief aan Timoteus, hoofstuk 3, vers 16.

As jy die tekste opsoek wat aangegee word, sal jy die Bybel gou leer ken. Jy kan ook die Bybel elke dag begin lees. As jy elke dag drie tot vyf hoofstukke lees, kan jy die hele Bybel binne ’n jaar deurlees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel