Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yp2 bl. 50
  • Rolmodel—Josef

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rolmodel—Josef
  • Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Hy het beskerm, hy het voorsien, hy het volhard
    Volg hulle geloof na
  • ’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Is ek in die plek van God?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
yp2 bl. 50

Rolmodel—Josef

Josef het ’n ernstige probleem. Sy heer se vrou het hom hoeveel keer al gevra om met haar seks te hê. Nou probeer sy weer! Maar dis glad nie vir Josef ’n versoeking nie. Om die waarheid te sê, hy antwoord ferm. “Hoe kan ek . . . hierdie groot kwaad doen en in werklikheid teen God sondig?” sê hy vir haar. Wanneer sy dit nie aanvaar dat hy weier nie—en hom selfs gryp—is Josef nie skaam om te vlug nie. Om die waarheid te sê, hy hardloop uit die huis uit! Josef wys dat hy ’n man van sedelike integriteit is.—Genesis 39:7-12.

Jy beland dalk ook in ’n situasie waarin iemand wil hê dat jy aan jou seksuele drange moet toegee. Om dit te weerstaan, is nie net ’n saak van wilskrag nie. Dit begin met ’n begeerte om jou Skepper, Jehovah God, gelukkig te maak. Jy sien, Josef het seksuele begeertes gehad, net soos jy. Maar dit was ondenkbaar vir hom om daardie drange te bevredig op ’n manier wat ’n sonde teen sy Skepper sou wees. Net so moet jy oortuig wees dat sedelike onreinheid ’n sonde teen God is en dat dit uiteindelik tot hartseer sal lei. Strewe dus daarna om, soos Josef, sedelike integriteit aan te kweek en te behou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel