Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ol deel 2 bl. 5-7
  • Hoe kan jy die waarheid omtrent God leer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy die waarheid omtrent God leer?
  • Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom jy die Bybel kan glo
  • Is die Bybel verander?
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Kan jy die Bybel vertrou?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Kan jy die Bybel vertrou?
    Geniet die lewe vir ewig! – ’n Inleiding tot ’n Bybelstudie
  • Ware leringe wat God behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
ol deel 2 bl. 5-7

DEEL 2

Hoe kan jy die waarheid omtrent God leer?

’n Man lees die Bybel

1, 2. Watter illustrasie toon dat ’n maatstaf nodig is om oor godsdienssake te besluit?

HOE kan ons God leer ken? Is dit nodig om elke lering van al die godsdienste te ondersoek? Dit sou onmoontlik wees. Selfs al kon ons dit doen, hoe sou ons weet watter lering reg is?

2 Met die oog op al die verskillende idees oor God het ons ongetwyfeld ’n manier nodig om uit te vind wat waar is, ’n maatstaf waaroor mense kan saamstem. Ter toeligting: Gestel twee mense by die mark stry oor die lengte van ’n stuk materiaal. Die verkoper sê die materiaal is drie meter lank, maar die koper dink dat dit minder as dit is. Hoe kan die saak opgelos word? Deur die materiaal met ’n maatband te meet.

3. Waarom is die Bybel geskryf?

3 Is daar ’n maatstaf om oor godsdienssake te besluit? Ja, dit is die Bybel. God het die Bybel laat skryf sodat mense oor die hele wêreld die waarheid omtrent hom kan leer. Miljarde eksemplare is al gedruk. Dit is in sy geheel of gedeeltelik in meer as 2 100 tale vertaal. Amper almal kan die waarheid omtrent God in sy of haar eie taal lees.

4. Watter inligting bevat die Bybel?

4 Die Bybel is ’n kosbare gawe van God. Dit verduidelik dinge wat ons andersins nooit sou geweet het nie. Dit vertel ons van dié wat in die geesteryk lewe. Dit openbaar God se gedagtes, sy persoonlikheid en sy voorneme. Dit vertel ons van sy handelinge met mense oor ’n tydperk van duisende jare. Dit praat van dinge wat in die toekoms gaan gebeur. En dit toon hoe ons die weg na die ewige lewe kan vind.

Waarom jy die Bybel kan glo

5. Watter voorbeeld toon dat die Bybel met die wetenskap ooreenstem?

5 Daar is baie redes waarom ons kan glo dat die Bybel werklik die Woord van God is. Een rede is dat die Bybel met die wetenskap ooreenstem. In die ou tyd het mense oor die hele wêreld gedink dat die aarde op iets rus. In Wes-Afrika het die mense byvoorbeeld vroeër geglo dat die aarde deur ’n opgekrulde slang in posisie gehou word, met 3 500 kronkelings bo die aarde en 3 500 daaronder. Tog het ’n Bybelskrywer, in ooreenstemming met die wetenskap, meer as 3 500 jaar gelede geskryf dat God ‘die aarde aan niks ophang’.—Job 26:7.

6. Wat is die grootste bewys dat die Bybel van God af kom?

6 Die grootste bewys dat die Bybel werklik van God af kom, is sy volmaakte rekord wat voorspellings van die toekoms betref. In teenstelling met menslike orakels, of waarsêers, weet God werklik wat die toekoms inhou; alles wat hy sê, word altyd bewaarheid.

7. Wat is party Bybelprofesieë wat in die verlede vervul is?

7 Honderde Bybelprofesieë is in die ou tyd vervul. Die Bybel het byvoorbeeld 700 jaar vooruit akkuraat voorspel dat Jesus in die dorpie Betlehem gebore sou word, en dit is wat gebeur het (Miga 5:2; Matteus 2:3-9). Benewens baie ander profesieë aangaande Jesus het die Bybel ook voorspel dat hy uit ’n maagd gebore en uiteindelik vir 30 silwerstukke verraai sou word. Daardie profesieë is ook bewaarheid. Geen mens sou daardie dinge kon voorspel het nie!—Jesaja 7:14; Sagaria 11:12, 13; Matteus 1:22, 23; 27:3-5.

8. Wat is party Bybelprofesieë wat vandag vervul word, en wat bewys hierdie profesieë?

8 Baie Bybelprofesieë word in ons dag vervul. Hier is ’n paar daarvan:

  • “Nasie sal teen nasie [in oorlog] opstaan en koninkryk teen koninkryk; en daar sal groot aardbewings wees, en op die een plek na die ander pessiektes en voedseltekorte.”—Lukas 21:10, 11.

  • Daar sal ’n “toename in wetteloosheid” wees.—Matteus 24:12.

  • “In die laaste dae . . . [sal] mense . . . liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, . . . ongehoorsaam aan ouers, . . . sonder selfbeheersing, wreedaardig, sonder liefde vir die goeie, . . . opgeblase van trots, liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God.”—2 Timoteus 3:1-5.

’n Kind wat honger ly; ’n man voer oorlog

Stem jy nie saam dat hierdie dinge nou gebeur nie? Die waaragtigheid en akkuraatheid van Bybelprofesieë toon dat die Bybel geensins ’n gewone boek is nie. Dit is die geïnspireerde Woord van God!—2 Timoteus 3:16.

Is die Bybel verander?

9, 10. Wat toon dat God nie toegelaat het dat mense die Bybel verander nie?

9 Gestel dat jy die eienaar van ’n fabriek is en dat jy ’n lys reëls vir jou werkers op ’n kennisgewingbord gesit het. Wat sal jy doen as ’n vyand verander wat jy geskryf het? Sou jy nie regstel wat hy verander het nie? Net so laat God nie toe dat mense die waarheid van sy Woord, die Bybel, verander nie.

10 Diegene wat die leringe van God se Woord probeer verander het, het nie daarin geslaag nie. As ons die Bybel wat ons vandag het, met antieke eksemplare van die Bybel vergelyk, is dit dieselfde. Dit toon dat die Bybel deur die jare heen nie verander is nie.

Mondelinge oorleweringe—Is dit betroubaar?

Tradisionele Afrikagodsdienste het geen antieke heilige boeke nie. Oorleweringe, rituele en idees oor God is van geslag tot geslag mondelings oorgedra. Die boek West African Traditional Religion sê: “Mondelinge inligting is nie noodwendig baie akkuraat nie. Wanneer dit kom by inligting wat mondelings oorgedra word, word dinge dikwels bygevoeg of weggelaat, verander of verdraai, oordryf of vertroebel, sodat dit dikwels moeilik is om die waarheid van die verdigsel te onderskei.”

Venster: Wat sê een boek oor die betroubaarheid van mondelinge oorleweringe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel