Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 11 bl. 18-19
  • Verwerp valse godsdiens!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwerp valse godsdiens!
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe valse godsdiens mense die verkeerde idee van God gee
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Die einde van valse godsdiens is op hande!
    Die einde van valse godsdiens is op hande!
  • Keur God alle godsdienste goed?
    Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
  • Maak jou los van valse godsdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 11 bl. 18-19

LES 11

Verwerp valse godsdiens!

Satan en sy demone wil nie hê dat jy God moet dien nie. Hulle sou graag, as hulle kon, alle mense van God wou afkeer. Hoe probeer hulle dit doen? Een manier is deur valse godsdiens (2 Korintiërs 11:13-15). ’n Godsdiens is vals as dit nie vir mense die waarheid uit die Bybel leer nie. Valse godsdiens is soos vervalste geld—dit lyk dalk eg, maar dit is waardeloos. Dit kan vir jou baie probleme veroorsaak.

’n Paartjie bid in ’n kerk

Godsdiensleuens kan Jehovah, die God van waarheid, nooit behaag nie. Toe Jesus op die aarde was, was daar ’n godsdiensgroep wat hom wou doodmaak. Hulle het gedink dat hulle manier van aanbidding reg was. Hulle het gesê: “Ons het een Vader, God.” Het Jesus saamgestem? Nee! Hy het vir hulle gesê: “Julle is van julle vader die Duiwel” (Johannes 8:41, 44). Vandag dink baie mense dat hulle God aanbid, maar hulle dien in werklikheid Satan en sy demone!—1 Korintiërs 10:20.

Net soos ’n slegte boom slegte vrugte voortbring, bring valse godsdiens mense voort wat slegte dinge doen. Die wêreld is vol probleme weens die slegte dinge wat mense doen. Daar is onsedelikheid, bakleiery, diefstal, onderdrukking, moord en verkragting. Baie mense wat hierdie slegte dinge doen, behoort aan ’n godsdiens, maar hulle godsdiens beweeg hulle nie om te doen wat goed is nie. Hulle kan nie God se vriende wees nie tensy hulle ophou om slegte dinge te doen.—Matteus 7:17, 18.

Valse godsdiens leer mense om tot afgode te bid. God sê dat ons nie tot afgode moet bid nie. Dit is redelik. Sal jy daarvan hou as iemand nooit met jou nie, maar net met ’n foto van jou praat? Kan daardie persoon ’n ware vriend van jou wees? Nee, hy kan nie. Jehovah wil hê mense moet met hom praat, nie met ’n lewelose beeld of prent nie.—Eksodus 20:4, 5.

Soldate met gewere

Valse godsdiens leer dat dit nie verkeerd is om ander in oorloë dood te maak nie. Jesus het gesê dat God se vriende liefde onder mekaar sal hê. Ons maak nie mense dood as ons hulle liefhet nie (Johannes 13:35). Dit is selfs verkeerd vir ons om slegte mense dood te maak. Toe Jesus se vyande gekom het om hom gevange te neem, het hy nie toegelaat dat sy dissipels veg om hom te beskerm nie.—Matteus 26:51, 52.

Valse godsdiens leer dat die goddeloses in die helse vuur sal ly. Maar die Bybel leer dat sonde tot die dood lei (Romeine 6:23). Jehovah is ’n God van liefde. Sal ’n liefdevolle God mense vir ewig folter? Natuurlik nie! In die Paradys sal daar net een godsdiens wees, die een wat deur Jehovah goedgekeur word (Openbaring 15:4). Alle godsdienste wat op Satan se leuens gebou is, sal nie meer bestaan nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel